Geneesmiddel vs Medisyne
9
Goeie middag almal ¡®Skuus ek was so stil die afgelope tyd. Ek het gesien die groep is besig! Lewe bietjie deurmekaar en haastig op die oomblik met min werk en baie persoonlike goed om deur te worstel, maar dis nie nou ter sake nie. In die gees van eenvoudige taal, gebruik julle eerder medisyne as geneesmiddel? Ek moet ? BT doen uit Afrikaans in Engels, maar ek sien die Afrikaanse vertaler het konstant geneesmiddel gebruik. Toe wonder ek net. Groete Hel¨¦ne van der Westhuizen Translator Editor | Vertaler Redigeerder Columnist | Rubriekskrywer
|
How to convert a word docx into a WF pro txlf
3
Hallo almal, Julle (die meeste van julle?) weet seker hoe om 'n Word docx dokument na 'n txlf l¨ºer te verander sodat jy WFPro (in plaas van 'Classic' ) kan gebruik om dit te vertaal - vir my by verre die maklikste manier om dit te doen. Vir di¨¦ van julle wat nie weet hoe nie - ek het nie geweet nie - kyk hier onder na my kommunikasie met die vriendelike en hulpvaardige WF help-mense. ---------- Forwarded message --------- From: Ann Hiemstra <hiemstra.ann@...> Date: Tue, 26 Oct 2021 at 09:44 Subject: How to convert a word docx into a WF pro txlf To: Dominique Pivard - Wordfast Support <hotline_03@...>, Wordfast <wordfast-support@...> Good morning Support team Could you kindly advise on how to convert a word docx file into a txlf file in order for me to translate the word EN source into AFZA as the target. I have been using WF classic to do the translation of such docu- ments but by far prefer to work in WFPro. (Which I use when Project managers send these in txlf format.) I have tried to decipher from Google, but am getting lost in it. En hier is Stefan se antwoord: Hello Ann, You do not need to convert the DOCX file to TXLF yourself. When you add a translatable file (for example an MS Word .docx file) to a project in Wordfast Pro, the program will automatically create a TXLF file (it is also called a bilingual file), which you then open in the program's editor and translate it. When you are ready, you have to use the Save File As Translated function (button) which generates the target file in its original format. This is the standard routine for working with Wordfast Pro. Hope this explains it. Kind regards, Stefan Stefanov Wordfast Hotline Support www.wordfast.com Tue, 26 Oct, 15:42 Dit beteken dat jy in WFPro 'Create New project' > 'Add file' (jou word doc.) > Create project, en daar spring jou twee kolomme op jou skerm en daar gaat jy! En as jy klaar is met die vertaling, Save File As Translated en het jy die 'skoon ' Afrikaanse dokument gereed. As jy geweet het hoe om dit te doen, jy's voor in my koor! En as jy nie het nie, gee ek dit nou vir jou vir Kersfees :-) Groete Ann Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria!
|
EN>AF : 'follower '- soos in sosialemediataal
2
Hallo almal, (van di¨¦ van julle wat FaceBook-ers is) Word 'n 'follower' in AF FB-taal 'n 'volger' of 'n 'volgeling' genoem? Wie kan help, 'seblief Ann Hiemstra Taalpraktisyn/Language Practitioner APVert(SAVI)/APTrans(SATI) MB.ChB., Dipl Public Health Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria!
|
Inspannings angina pectoris en > = <
4
Hallo Almal Ek het gaan kers opsteek by Sophia Kapp van die AWS en die Virtuele Instituut vir Afrikaans. Hier is haar antwoord. Vraag 1 is oor spasies weerskante van = < > ens. Vraag 2 oor angina. Die Taalkommissie het nie enige mandaat om die skryfwyse van wiskundige simbole te bere?l nie. Ek sou, as ek die praktisyn was, die simbool gebruik soos wat die woorde wat dit voorstel gebruik sou word, met ander woorde met die spasies weerskante. Ek sien die Engels is exertional angina, nie exertional angina pectoris nie. Dit los jou probleem op: inspanningsangina. Ek weet dit beantwoord nie jou vraag nie, maar ek is nooit opgewonde oor so ? vermenging van Afrikaanse en Latynse terminologie nie, want jy skep vir jouself presies die soort slaggat wat jy nou daar gekry het. Volgens Afrikaanse re?ls moet dit vas, volgens Latynse re?ls moet dit los. Dit is nie ? probleem wat ? mens uit die AWS kan oplos nie, jy kan dit net prakties hanteer: of Afrikaans, of Latyn. Groete Charl
|
'Legal age' waarop kinders in SA toestemming tot mediese behandeling kan gee
3
Hallo almal, Ek kry in vertaal-jobs die opmerking dat kinders 18 jaar oud moet wees (= 'legal age' ) om toestemming tot mediee behandeling te gee. Neem net kennis viz: Potchefstroom Electronic Law Journal (PELJ) Die Wet op Kindersorg is egter deur die Kinderwet herroep. Ingevolge die Interpretasiewet53 is die toepaslike bepaling nou artikel 129 van die Kinderwet. Artikel 129 verlaag die ouderdom vir toestemming tot mediese behandeling en operasies, wat onderskeidelik 14 jaar en 18 jaar kragtens artikel 39(4) van die Wet op Kindersorg was, na 12 jaar en neem die kind se ontwikkelingsvlak in ag.5 'n Gebruiker het 'n reg om toe te stem tot 'n gesondheidsdiens mits die gebruiker reeds minstens 12 jaar oud is, volwasse genoeg is en bevoeg is om die voordele, risiko's en maatskaplike en ander implikasies te verstaan.55 Die gebruiker het verder die reg op deelname aan besluite met betrekking tot sy of haar persoonlike gesondheid en behandeling.56 Indien toestemming deur 'n ander persoon as die gebruiker gegee is, moet di¨¦ persoon, indien moontlik, die gebruiker raadpleeg voordat hy of sy die vereiste toestemming gee. Groete Ann Hiemstra Taalpraktisyn/Language Practitioner APVert(SAVI)/APTrans(SATI) MB.ChB., Dipl Public Health Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria!
|
Inspannings angina pectoris
14
Hallo Is ¡°inspannings angina pectoris¡± exercise-induced angina pectoris? Dankie! CHARL HATTINGH (pronouns: he/him/his) HEALTH SCIENCES LINGUIST CLINICAL PSYCHOLOGIST Wordweb CC 13 Queens Road, Tamboerskloof, Cape Town 8001, South Africa www.charlhattingh.com www.proz.com/profile/2202 www.linkedin.com/pub/charl-hattingh/27/87/287 Skype: leocharl +27 (0)83 457 9526 charl@... (if no reply:) charlhattingh.com@... This email message, including any attached files, is for the sole use of the intended recipient(s) and may contain legally confidential and/or privileged information. If you are not the intended recipient, you are not authorised to copy or disclose all or any part of it without the prior written consent of Charl Hattingh.
|
for compliance with medical and ethical standards
6
Hallo almal Hoe interpreteer julle di¨¦ stukkie? The study has been approved by such-and-such for compliance with medical and ethical standards. Beteken dit dat die studie goedgekeur is OMDAT dit aan mediese standaarde voldoen of SODAT dit aan mediese standaarde voldoen? Ek vra, want ek dink dis "omdat", maar ek kry keer op keer vertalings waarin die vertaler dit ge?nterpreteer het as "sodat". Na my mening werk dit so: "ter nakoming van" beteken "sodat", en "vir nakoming van" beteken "omdat". Wat s¨º julle? Samuel
|
eligibility x suitability
2
Hallo almal Tref julle onderskeid tussen eligibility en suitability? Of beskou julle dit as dieselfde ding? Ek bedoel nou in die algemeen, maar ook meer spesifiek bv. "eligibility criteria". Ek kom al hoe meer te? dat "eligibility criteria" vertaal word as "geskiktheidskriteria" -- wat is julle mening hieroor? Samuel
|
EN> AF: Phase 2 RSV Challenge Study
3
Hallo almal, Het iemand 'n ander/beter term vir die 'challenge' soos in 'Phase 2 RSV Challenge Study', as 'uitdaagstudie'? ¡°Human challenge trials are trials in which participants are intentionally challenged (whether or not they have been vaccinated) with an infectious disease organism.¡± Die deelnemer word dus aan die organisme blootgestel om 'n immuunreaksie te ontlok. Lyk vir my 'blootstellingstudie' is 'n beter woord? Hoor graag van julle wat weet. Ann HiemstraTaalpraktisyn/Language Practitioner APVert(SAVI)/APTrans(SATI) MB.ChB., Dipl Public Health Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria!
|
Companion diagnostic tests = makkerdiagnostiese toetse??
5
Hallo Almal Het enige van julle ¡¯n kloe wat Companion diagnostic tests beteken? Ek QM ¡¯n stuk waarin dit as ¡°makkerdiagnostiese toetse¡± vertaal is, maar omdat ek die uitdrukking nog nooit gehoor het nie, weet ek nie of dit reg is nie. Sal enige hulp BAIE waardeer! Kind regards Leona Labuschagne Sworn Translator of SA High Court SATI-accredited Conference Interpreter Language Editor & Localisation Specialist +27 83 302 2632 | South Africa GMT +2
|
En>AF : croscarmellose
9
Hallo almal, Het enigeen van julle al die term 'croscarmellose sodium (wat 'n bestanddeel van medikasie is) te?gekom? Ek is gemaklik met ' karamelleuse natruium', maar wat maak ek met die 'cros'? Enige voorstelel asb? Groete Ann Hiemstra Taalpraktisyn/Language Practitioner APVert(SAVI)/APTrans(SATI) MB.ChB., Dipl Public Health Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria!
|
Titels van publikasies
4
Hallo almal Ek moes gister weer gaan soek na die amptelike titels van publikasies. Hier is hoe ek dit het: SA GCP opsie 1: "Guidelines for Good Practice in the Conduct of Clinical Trials with Human Participants in South Africa" (2nd edition, 2006) Department of Health: Pretoria, South Africa. SA GCP opsie 2: "South African Good Clinical Practice: Clinical Trial Guidelines" (3rd edition, 2020) TIE model: "Clinical Trial Participant Time, Inconvenience and Expense (TIE) Compensation Model" (version 1, 2018) En daai EHRPPS enetjie: "Ethics in Health Research: Principles, Processes and Structures" (2nd edition, 2015) By opsie 1 hier bo is die bewoording in die bronteks soms verkeerd. Ek sien dikwels bv. "with a human participant" in die brionteks, maar die publikasie se amptelike titel s¨º "with human participants", en dis hoe ek dit ook vertaal. Ek vertaal gewoonlik "SA GCP" as "SA GKP" sonder om te probeer raai watter een van bogenoemde twee publikasies deur die bronteks bedoel word. Samuel PS. Ek het gister 'n vertaling geproeflees waarin die vertaler die hoofmedikasie se naam in Afrikaans op 5 verskillende maniere gespel het. Ek het tegelyk ook simpatie met die persoon, want 'n speltoetser sal eenvoudig by elke spelwyse stop, sonder om vir jou te waarsku dat jy die woord al voorheen op 'n iets ander manier geskryf het.
|
EN US> EN ZA: trial vs study?
9
Hallo almal, Ons het so 'n tyd gelede 'besluit' dat ons in AF 'proef' gaan uitskuif en liewer 'studie' gebruik. Sou dieselfde geld as ons EN-US na EN-ZA 'localize', dink julle? Weg met 'trial'? Ek hoor graag van julle. Groete Ann Hiemstra Taalpraktisyn/Language Practitioner APVert(SAVI)/APTrans(SATI) MB.ChB., Dipl Public Health Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria! ---------- Forwarded message --------- From: Ann Hiemstra <hiemstra.ann@...> Date: Mon, 15 Mar 2021 at 09:58 Subject: EN> AF : trial vs study = proef/studie? To: <[email protected]> Hallo almal! Hoop julle Maandag is nie te blou nie :-) As ek dit nie mis het nie het ons iewers al gepraat oor die inkonsekwente gebruik van 'trial' en 'study' in een bronteksdokument? En dat dit dan verkieslik is om in alle gevalle dan slegs 'studie' en nie 'proef' nie, te gebruik? Hoor graag julle mening. Groete Ann Hiemstra Taalpraktisyn/Language Practitioner APVert(SAVI)/APTrans(SATI) MB.ChB., Dipl Public Health Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria!
|
WERK: Dringende proeflees EN-AF, 30 000 woorde, vir Maandag
2
Hallo almal 'n Kli?nt van my het 'n dringende proefleeswerk van 18 000 woorde. Ek is nie in staat om die kli?nt te help nie weens my skedule. Die kli?nt is bereid om heelwat ekstra te betaal. Die sperdatum is Maandag, en dit kan wees dat die teks eers Sondag beskikbaar is. Die werk bestaan uit een groot l¨ºer (18 000 woorde) en 'n paar kleintjies (1000 woorde in totaal). Ek het reeds die kleintjies gedoen. Die vertaling is baie swak. Die vertaler maak interpretasiefoute wanneer daar min konteks is (bv. first name, middle initial, last name = eerste naam, aanvanklike middelste, laaste naam), weet blykbaar nie hoe om diakritiese tekens te tik nie, skryf samestellings los, gebruik titelkas, gebruik dubbelspasies, laat soms spasies weg (bv. direk voor 'n hakie), en is onpresies met ander interpunksie (bv. 2+2+4 strepies waar die eindgebruiker 'n jaar moet invul, is vertaal as 2+2+3 of 2+3+4 strepies). Die taal is wel baie idiomaties, en langer sinne is geneig om beter vertaal te wees as korter sinne. Dit lyk nie soos 'n masjienvertaling nie. So, stel iemand belang? Ek s¨º "30 000 woorde" in die onderwerpre?l want dit gaan jou so lank neem as wat 30 000 woorde gewoonlik neem. Samuel
|
''subjek' in plaas van 'proefpersoon' in afneem/administraie van vraelyste?
8
Hallo almal, Ek PR 'n dokument oor afneem van vraelyste waarin die woord 'subject' , wat ek ken as 'proefpersoon', met 'subjek' vertaal is. Ken een van julle dit ook so? Ek glo nie so nie ... Ek hoor graag. Ann Hiemstra Taalpraktisyn/Language Practitioner APVert(SAVI)/APTrans(SATI) MB.ChB., Dipl Public Health Stilbaai Suid-Afrika/South Africa BST + 1 Tel: +27287543304 Sel/Mobile: +27825794235 Skype: annhiemstra Deo Gloria!
|
inhalations, puffs, sprays
3
Hallo Raadgewers, ¡°inhalations, puffs, sprays¡±: Hierdie sinonieme kom dikwels voor en ek het al talle vertalings gesien. Ek sou graag wil weet wat die dokters en pasi?nte in die praktyk gebruik en/of watter van die onderstaande (of ander voorstelle) die verstaanbaarste sal wees: Moontlikhede: verstuiwings, inasemings, inhalasies, trekke, dampe, spuite, sproeisels, stuifsels, powwe En dan vir die apparaat ¡°inhaler¡±: inhaleerder, newelspuit, verstuiwer, pompie En ¡°nebuliser¡±: nebuliseerder, verstuiwer Ek hoor graag! Dankie, Charl CHARL HATTINGH (pronouns: he/him/his) HEALTH SCIENCES LINGUIST CLINICAL PSYCHOLOGIST Wordweb CC 13 Queens Road, Tamboerskloof, Cape Town 8001, South Africa www.charlhattingh.com www.proz.com/profile/2202 www.linkedin.com/pub/charl-hattingh/27/87/287 Skype: leocharl +27 (0)83 457 9526 charl@... (if no reply:) charlhattingh.com@... This email message, including any attached files, is for the sole use of the intended recipient(s) and may contain legally confidential and/or privileged information. If you are not the intended recipient, you are not authorised to copy or disclose all or any part of it without the prior written consent of Charl Hattingh.
|
My afwesigheid
7
Hallo almal, Ek was 'afwesig' die afgelope tyd - eers omdat Louis, my man vir 2 maande in die hospital was met Covid en daarna die komplikasies daarvan en toe op 1Aug oorlede is. My beste liefste maat vir die afgelope 54 jaar, sielsgenoot, klankbord en mentor is weg. Julle vergewe my my afwesigheid Ann Deo Gloria!
|
Safety Lead In, SLI -- verduideliking, asseblief, plus Afrikaanse vertaling (of idees) ...
5
Hallo Kollegas Hierdie studie bevat twee dele: ¡¯n SLI-deel (Safety Lead In, SLI) en ¡¯n verewekansigde fase 3-deel. Kan een van julle dalk help, groot asseblief, met ¡¯n verduidelik van ¡°safety lead in¡±?? Ewig dankbaar L
|
Selfdood
12
Hallo almal Na aanleiding van die volgende wat ek gesien het by VivA Advies: Vraag: Is die woord "selfdood" 'n sinoniem vir "selfmoord"? Kort antwoord: Die woord "selfdood" is deur die Taalkommissie aanvaar en word vryelik in die media gebruik. Dit is die aanvaarde term vir die einde wat 'n persoon aan sy/haar eie lewe maak. Bron: Media24-argief Lang antwoord: Die woord "selfmoord" het gestigmatiseer geraak en moet liefs vermy word. Ek het dus begin om "selfdood" in plaas van "selfmoord" in voubiljette te gebruik. Nou wil ek net seker maak of ek dit so kan ekstrapoleer na "selfdoodgedagtes", "selfdoodideasie", selfdoodgedrag"? Bly snoesig, Charmaine
|
Covid-verwant
6
Hallo Almal Het iemand asb. vir my raad met die volgende vir ¡¯n covid-studie? ¡°SCOV1 targets the original A lineage of SARS?CoV?2¡±: Is dit die ¡°oorspronklike A-afstamming¡±? ¡°A First Time in Human Phase 1 Open-Label Study of the Safety, Tolerability, and Immunogenicity of COVIDITY Vaccine administered by Needle-free ID Injection or Needle?free IM Injection in Healthy Adults¡±: Ek sukkel met daardie eerste deel. ¡°¡¯n Eerste mens-fase-1-oopetiketstudie¡±? ¡°¡¯n Eerste-in-mense-fase-1-oopetiketstudie¡±? Normaalweg het ¡°fase 1-studie¡± net een koppelteken, maar ¡°¡¯n Eerste-in-mense-fase 1-oopetiketstudie¡± laat dit dan lees as ¡°mense-fase¡± met ¡°1-oopetiketstudie¡± as ¡¯n afsonderlike begrip. Ek dink dus om dit soos ¡¯n woordgroepsamestelling (bv. ¡°klem-in-die-kaak-inspuiting¡±) te hanteer met die ekstra koppelteken ingevoeg. Maar is dit taalkundig korrek? En is daar ¡¯n gevestigde uitdrukking vir ¡°First Time in Human¡±? Ek hoor graag. Groete CHARL HATTINGH (pronouns: he/him/his) HEALTH SCIENCES LINGUIST CLINICAL PSYCHOLOGIST Wordweb CC 13 Queens Road, Tamboerskloof, Cape Town 8001, South Africa www.charlhattingh.com www.proz.com/profile/2202 www.linkedin.com/pub/charl-hattingh/27/87/287 Skype: leocharl +27 (0)83 457 9526 charl@... (if no reply:) charlhattingh.com@... This email message, including any attached files, is for the sole use of the intended recipient(s) and may contain legally confidential and/or privileged information. If you are not the intended recipient, you are not authorised to copy or disclose all or any part of it without the prior written consent of Charl Hattingh.
|