Keyboard Shortcuts
Likes
Search
Woordorde in 'n bysin met die passiewe, modale werkwoord en perfek
Hallo almal. In watter van die sinne hieronder is die woordorde korrek? (Het dit nie in Donaldson se grammatika geving nie.) ? 1 Ek weet dat dit gemaak moet/kan word. 2 Ek weet dat dit gemaak word moet/kan. 3 Ek weet dat dit moet/kan gemaak word. 4 Ek weet dat dit moet/kan word gemaak. Baie dankie by voorbaat en groete. Evgeny ? |
Hi Evgeny, Volgens my is dit die eerste sin. Wat sê die ander? Vriendelike groete, Anne -- Anne Marais Independent Language and Media Professional BA (NWU) Postgrad.Dip.Translation (Unisa) Postgrad.Cert. Editing Methodology (Stell.) Postgrad.Cert. Editing Practice (Stell) Cert. Translation Theory and Practice (Cardiff) Member of SATI, PEG and SAFREA +27795469055 GMT+2 ??? On Thu, 21 Sep 2023, 15:44 Evgeny Artemov, <eartemov@...> wrote:
|
开云体育1 is reg. As mens die “dat” uithaal, is 3 reg: Ek weet dit moet/kan gemaak word. Groetnis! Tony ? ? From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Evgeny Artemov
Sent: Thursday, September 21, 2023 3:45 PM To: [email protected] Subject: [ZaLang] Woordorde in 'n bysin met die passiewe, modale werkwoord en perfek ? Hallo almal. ? 1 Ek weet dat dit gemaak moet/kan word. 2 Ek weet dat dit gemaak word moet/kan. 3 Ek weet dat dit moet/kan gemaak word. 4 Ek weet dat dit moet/kan word gemaak.
? |
Haai Tony! Dankie, ou pêl. Dit is maar presies met "dat" (onder andere) wat ek wou weet. :-) Met Nederlands en veral Duits in die anamnese kan mens nou nooit seker wees nie. Groetenis ekke 21.09.2023, 20:21, "Tony Moen" <transed@...>:
|
Baie dankie, Anne! Groetenis Ev ? 21.09.2023, 19:47, "Anne Marais" <annemrs6@...>:
|
开云体育Interessante vergelyking… ? “Ek weet dat dit gemaak moet/kan word.” NL: Ik weet dat dit gedaan worden kan (of: kan worden) DE: Ich weiss, dass dies getan werden kann/soll
In Afrikaans kan mens “dat” uitlaat, maar nie in NL en DE nie. ? Ek vermoed dis om historiese redes. Met die Engelse anneksasie in 1812 en die verbod op die gebruik van Afrikaans het die korter en makliker konstruksie sonder “dat” geleidelik veld gewen. Dink maar aan die kinderstorie van die stoomlokomotief teen die opdraand: Ek weet ek kan, ek weet ek kan… ? Teen die afdraand sou “Ek’t geweet dat ek kon, ek’t geweet dat ek kon” seker gewerk het, maar hiervan is daar geen spoor in die literatuur nie. ? ? From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Evgeny Artemov
Sent: Thursday, September 21, 2023 10:54 PM To: [email protected] Subject: Re: [ZaLang] Woordorde in 'n bysin met die passiewe, modale werkwoord en perfek ? Haai Tony! Met Nederlands en veral Duits in die anamnese kan mens nou nooit seker wees nie. Groetenis 21.09.2023, 20:21, "Tony Moen" <transed@...>:
|
Tony, is jy seker? Na my wete kan mens gerus "dat/dass" in NL en DE ?na "weet", "dink", "sê", "seker wees" en ander "verstandelike/kommunikatiewe" werkwoorde uitlaat, met die direkte woordorde in die bysin -- met of sonder modale werkwoorde of lydende vorm of volmaakte vorme daarin. ? 22.09.2023, 09:23, "Tony Moen" <transed@...>:
|
开云体育Na my wete word uitdrukkings soos ek weet dit kan/moet/sal gemaak word ek is seker hy was hier ek dink dis onnodig ? in NL/DE nie sonder ?dat? /?dass? vertaal nie. Ek het nog nooit formulering soos die volgende raakgeloop of gebruik nie: Ik weet het kan/moet/zal gedaan worden / Ich weiss es kann/soll/wird getan werden Ik ben er zeker van hij was hier / Ich bin überzeugt er war hier Ik meen/geloof het is niet nodig / Ich meine/glaube das ist nicht n?tig ? Bygesê, miskien is daar dialekte of streeksvariante waarin sulke formulerings voorkom, en dat Afrikaans dit daaruit oorgeneem het. So is daar ons woord “kombuis” (DE: Kombüse), wat skeepstaal is; die gebruiklike woorde is “keuken” en “Küche”. ? From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Evgeny Artemov
Sent: Friday, September 22, 2023 11:02 AM To: [email protected] Subject: Re: [ZaLang] Woordorde in 'n bysin met die passiewe, modale werkwoord en perfek ? Tony, is jy seker? Na my wete kan mens gerus "dat/dass" in NL en DE ?na "weet", "dink", "sê", "seker wees" en ander "verstandelike/kommunikatiewe" werkwoorde uitlaat, met die direkte woordorde in die bysin -- met of sonder modale werkwoorde of lydende vorm of volmaakte vorme daarin. ? 22.09.2023, 09:23, "Tony Moen" <transed@...>:
|