¿ªÔÆÌåÓý

ctrl + shift + ? for shortcuts
© 2025 Groups.io

Re: Woordorde in 'n bysin met die passiewe, modale werkwoord en perfek


 

Tony, is jy seker? Na my wete kan mens gerus "dat/dass" in NL en DE ?na "weet", "dink", "s¨º", "seker wees" en ander "verstandelike/kommunikatiewe" werkwoorde uitlaat, met die direkte woordorde in die bysin -- met of sonder modale werkwoorde of lydende vorm of volmaakte vorme daarin.
?
22.09.2023, 09:23, "Tony Moen" <transed@...>:

Interessante vergelyking¡­

?

¡°Ek weet dat dit gemaak moet/kan word.¡±

NL: Ik weet dat dit gedaan worden kan (of: kan worden)

DE: Ich weiss, dass dies getan werden kann/soll

?

In Afrikaans kan mens ¡°dat¡± uitlaat, maar nie in NL en DE nie.

?

Ek vermoed dis om historiese redes.

Met die Engelse anneksasie in 1812 en die verbod op die gebruik van Afrikaans het die korter en makliker konstruksie sonder ¡°dat¡± geleidelik veld gewen.

Dink maar aan die kinderstorie van die stoomlokomotief teen die opdraand: Ek weet ek kan, ek weet ek kan¡­

?

Teen die afdraand sou ¡°Ek¡¯t geweet dat ek kon, ek¡¯t geweet dat ek kon¡± seker gewerk het, maar hiervan is daar geen spoor in die literatuur nie.

?

?

From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Evgeny Artemov
Sent: Thursday, September 21, 2023 10:54 PM
To: [email protected]
Subject: Re: [ZaLang] Woordorde in 'n bysin met die passiewe, modale werkwoord en perfek

?

Haai Tony!
Dankie, ou p¨ºl.
Dit is maar presies met "dat" (onder andere) wat ek wou weet. :-)

Met Nederlands en veral Duits in die anamnese kan mens nou nooit seker wees nie.

Groetenis
ekke

Join [email protected] to automatically receive all group messages.