On 3/31/2020 7:53 AM, Charl Hattingh wrote:
1. Daar is die Dictionary for the Health Sciences ¨C Eng./Afr. (Lochner
& Brink 2011). Dit is beskikbaar as deel van Pharos se aanlyn
woordeboeke. Ek weet nie of dit nog in harde kopie beskikbaar is
nie, maar ek sou die aanlyn weergawe ¡°aanbeveel¡± (dis ¡¯n sterk
woord) omdat dit seker darem bygewerk word.
Ek is nie oortuig dat dit bygewerk word nie. Sommige van Pharos Aanlyn en VivA se woordelyste word wel aktief bygewerk, maar sover ek weet word die gepubliseerdes nie aktief bygewerk nie.
Lochner se woordeboek is in 2011 gepubliseer.
N.a.v. o.a. Marijke Maree se resensie in SAMJ (2011): Brink se woordeboek dateer uit 1979 en is 8 keer herdruk. Dit was 800 bladsye lank. Lochner se woordeboek is 1200 bladsye lank. Die "Lochner" van Lochner se woordeboek is prof Jan Lochner van die Maties. Daar was ook insette van 30 vakspesialiste. Brink se woordeboek was 30 000 inskrywings groot. Lochner se woordeboek bevat 10 000 inskrywings m¨¦¨¦r (maar ek weet nie hoeveel daarvan is nuwe inskrywings nie, m.a.w. ek weet nie hoeveel van Brink se inskrywings is weggelaat nie), en 8 000 van Brink se inskrywings is geredigeer.
Vir leksikograwe is hier 'n bespreking van sommige van sy probleme:
Die probleem met kritiek is dat dit onseker is watter kritiek spesifiek vir Lochner se werk geld en watter kritiek ewe goed op Brink se werk van toepassing is.
Voorts moet 'n mens onthou dat dit in Afrikaans soms oukei is om dinge op meer as een manier te s¨º, bv. inhibitor vs. inhibeerder, inhibering vs. remming vs. stremming, en die woordeboek bevat soms meerdere van di¨¦ en soms bevat dit net ¨¦¨¦n van hulle, sonder om noodwendig 'n voorkeur aan te dui.
Samuel