¿ªÔÆÌåÓý

Re: FW: Mediese vertalings


 

On 3/30/2020 9:19 PM, Helene van der Westhuizen wrote:

1) Is daar ¡®n mediese woordeboek wat julle kan aanbeveel? Ek het Pharos aanlyn en hy verbaas my soms nogal, maar ander kere wil hy my die mure laat uitklim.
Pharos Aanlyn se mediese woordeboek is Lochner se hersiende weergawe van Brink se Matie-woordeboek (die "WAG"). Nie almal is ewe be?ndruk met die hersiening nie.

Daar is ook 'n Tukkie-woordeboek, van Snyman, en hy is op die internet:


(aan die regterkant is aflaaiopsies)

2) Angiotensin-converting enzyme (ACE) inhibitor word in Pharos aangegee as
Angiotensien-omsettingsensiem-inhibitor of -remmer/-stremmer. Op sigself sou dit nie ¡®n probleem gewees het nie, maar sodra ons begin praat van Angiotensin-converting enzyme (ACE) inhibitor /therapy/, sou ek dit liewer wou vertaal met Angiotensien-omsettingsensiem-inhiberingsterapie in plaas van inhibitorterapie?
Vra jou af: is dit terapie wat inhibeer, of is dit terapie wat gebruik maak van 'n inhibeerder? Ek dink dit is laasgenoemde, d.w.s. dit is nie "inhiberingsterapie" nie.

3) Ramipril is net ramipril in Afrikaans?
Ja, sou ek ook doen.

4) Atherosclerotic vascular disease is mos net plein arteriosklerose? Of is daar ¡®n verskil wanneer die vascular disease bykom?
Ek sien Charl het intussen ook gereageer. Charl haal 'n bron aan wat aandui dat a-th-erosclerosis en ar-t-eriosclerosis verskillende dinge is, maar heelwat aanlyn bronne hanteer die twee as sinonieme, bv.:


Jou vraag "verander wanneer 'vascular disease' bykom is 'n goeie vraag. Arteriosklerose "is the thickening, hardening, and loss of elasticity of the walls of arteries" wat, afhangende van hoeveel jy hare kloof, op sigself nie 'n "siekte" is nie. Of, miskien wil die skrywer dit gewoon vir die leser benadruk dat aterosklerose 'n vaatsiekte is.

Ten slotte staan dit ook so in Snyman se woordeboek:
atherosclerotic heart disease = aterosklerotiese hartsiekte (let op, a-t-ero)

Samuel

Join [email protected] to automatically receive all group messages.