¿ªÔÆÌåÓý

Re: Nurse


 

Hallo Charl

Ek het ook al vrede gemaak met "verpleegkundige" as genderneutrale term, hoewel ek dit steeds terugvertaal as "nursing specialist". Ek vertaal soms "nurse" as "verpleegster" omdat ek vergeet om "verpleegkundige" te gebruik en omdat "verpleegster" nie vir my voel soos 'n vroulike term nie, maar... maar ek vertaal wel "verpleegster" terug as "female nurse". Na my gevoel is 'n "verple?r" 'n manlike verpleegster, en daarom vertaal ek dit terug as "male nurse". Ek vra om verskoning vir die vertalers wat dan navrae van kli?nte ontvang. As terugvertaler moet 'n mens soms maar nare besluite neem.

Ek stem saam met Sophia dat ons in die posisie is om die taal te lei, en eerlik gesproke dink ek nie ek het veel van 'n beswaar daarteen om "verple?r" te gebruik nie, behalwe dat (soos ek s¨º) dit vir my voel soos die manlike term.

Ek besef ook dat daar tans vroulike verhoog/televisie-kunstenaars is wat graag na hulself as "akteur" wil verwys (die argument is dikwels dat "akteur" meer status het), maar dieselfde geld: vir my voel "akteur" aan as 'n man en nie 'n vrou nie. As ek na iemand as 'n aktrise verwys, fel ek nie 'n waarde-oordeel nie -- ek kan my nie vind in argumente dat die woord "aktrise" sou verwys na iemand wat 'n laer status het nie.

Binne die verhoog/televisie-kunstenaar-sfeer is daar natuurlik ook snobisme: die kunstenaars kry meer geld vir televisie maar beskou verhoog as meer statusryk, en "aktrise" is hoofsaaklik 'n woord wat vir vroulike televisie/film-kunstenaars gebruik word.

Ek sien dikwels ¡°verpleegkundige¡± en het dit self gebruik. Die probleem > hiermee egter is dat dit verstaan kan word om na die ho?r range van >
verpleegpersoneel te verwys, of na iemand wat gespesialiseerde ho?r > kwalifikasies het.

Aangesien die onderskeid kennelik nie in Suid-Afrika geld nie, is dit nie 'n groot probleem nie tensy jy 'n teks vertaal wat jy weet NIE vir 'n Suid-Afrikaanse lesersgroep bedoel is nie.
Samuel

Join [email protected] to automatically receive all group messages.