¿ªÔÆÌåÓý

Re: Nurse


 

Hallo almal,
Ek stem saam met Wilna se ongemak met ' verple?r' deur die bank - veral in die konteks van die meeste van die werk wat ek/ons(?) doen.
As ek kyk na Charl se inligting:?'Advanced Nurse Specialist [wat sover ek by die hoof van verpleegkunde by UOVS kon vasstel, 'n 'verpleegkundige' is): This level requires registration with the Council as nurse specialist as an entry requirement. The Advanced Nurse Specialist, in addition to in-depth clinical specialisation knowledge and have to acquire broader field dynamics at master¡¯s level, e.g. strategic leadership, health service management, research and policy making,' lyk dit vir my 'verpleegkundige' sou gepas wees - en dan die probleem met die manlike of vroulike van die posbekle?rs kan akkommodeer.
Groete
?
Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
?????? Deo Gloria!


On Tue, 31 May 2022 at 15:51, Wilna Liebenberg <wilna@...> wrote:

Charl, dit is beslis 'n tameletjie. Ek werk dikwels vir die NWU en het geleer om maar met verpleegkundige vrede te maak, so dit is nie meer vir my snaaks nie. Ek gebruik dit in al my vertalings. Nursing specialist is dalk 'n spesialisverpleegkundige?

My feministiese sy sal nie lekker met verple?r werk nie -- akteur is al vir my erg genoeg!

Groete

Wilna

On 31/05/2022 15:40, Charl Hattingh wrote:

Hallo Almal

?

Julle is seker almal vertroud met die probleem van ¡¯n geslagsneutrale Afrikaanse term vir ¡°nurse¡±.

?

Ek sien dikwels ¡°verpleegkundige¡± en het dit self gebruik. Die probleem hiermee egter is dat dit verstaan kan word om na die ho?r range van verpleegpersoneel te verwys, of na iemand wat gespesialiseerde ho?r kwalifikasies het. Soos gesien kan word in die BT, wat dikwels ¡°nursing specialist¡± is. (Ek stuur ¡¯n aparte e-pos oor die range.)

?

Ek verneem dat op die grond in mediese omgewings die term ¡°verpleegster¡± in sommige gevalle gebruik word om na mans ook te verwys. Dit is vir my ¡¯n bietjie koddig. Elders word ¡¯n geslagsonderskeid getref en ¡°verple?r¡± ¨¦n ¡°verpleegster¡± word al twee gebruik.

?

Dit is m.i. ¡¯n bietjie lomp om elke keer na ¡°verple?r/verpleegster¡± te verwys.

?

Ek het gaan kers opsteek by Sophia Kapp, voorheen van die Taalkommissie en tans by die Virtuele Instituut vir Afrikaans verantwoordelik vir taaladvies. Sy bevestig dat hierdie ¡¯n tameletjie is en dat daar geen gevestigde of amptelike term is nie. Maar, die patroon in Afrikaans is om die manlike term vir die geslagsneutrale term te gebruik, soos bv. met ¡°akteur¡± die geval is. Dit hang op die ou end van ons as taalpraktisyns af om te besluit. Ons besluite kan dan ook gebruik be?nvloed. Ek gaan voortaan ¡°verple?r¡± gebruik en sien wat gebeur.

?

Ek sal graag hoor wat julle dink.

?

Groete

Charl

-- 

Wilna Liebenberg
Taalkonsultant/Language Consultant
Geakkrediteerde Vertaler/Teksredigeerder
Accredited Translator/Text Editor
Be?digde Vertaler/Sworn Translator
Tel. +27 (0)28 4356906
Sel/Cell +27 (0)828248910
This message and any attachments are subject to restrictions and a disclaimer. Please refer to  for full details. 
Hierdie boodskap en enige aanhangsels is aan beperkings en 'n vrywaringsklousule onderhewig. Volledige besonderhede is by   beskikbaar.

Join [email protected] to automatically receive all group messages.