Charl, dit is beslis 'n tameletjie. Ek werk dikwels vir die NWU
en het geleer om maar met verpleegkundige vrede te maak, so dit is
nie meer vir my snaaks nie. Ek gebruik dit in al my vertalings.
Nursing specialist is dalk 'n spesialisverpleegkundige?
My feministiese sy sal nie lekker met verple?r werk nie -- akteur
is al vir my erg genoeg!
Groete
Wilna
On 31/05/2022 15:40, Charl Hattingh
wrote:
Hallo Almal
?
Julle is seker almal
vertroud met die probleem van ¡¯n geslagsneutrale Afrikaanse
term vir ¡°nurse¡±.
?
Ek sien dikwels
¡°verpleegkundige¡± en het dit self gebruik. Die probleem
hiermee egter is dat dit verstaan kan word om na die ho?r
range van verpleegpersoneel te verwys, of na iemand wat
gespesialiseerde ho?r kwalifikasies het. Soos gesien kan
word in die BT, wat dikwels ¡°nursing specialist¡± is. (Ek
stuur ¡¯n aparte e-pos oor die range.)
?
Ek verneem dat op die
grond in mediese omgewings die term ¡°verpleegster¡± in
sommige gevalle gebruik word om na mans ook te verwys. Dit
is vir my ¡¯n bietjie koddig. Elders word ¡¯n
geslagsonderskeid getref en ¡°verple?r¡± ¨¦n ¡°verpleegster¡±
word al twee gebruik.
?
Dit is m.i. ¡¯n bietjie
lomp om elke keer na ¡°verple?r/verpleegster¡± te verwys.
?
Ek het gaan kers opsteek
by Sophia Kapp, voorheen van die Taalkommissie en tans by
die Virtuele Instituut vir Afrikaans verantwoordelik vir
taaladvies. Sy bevestig dat hierdie ¡¯n tameletjie is en dat
daar geen gevestigde of amptelike term is nie. Maar, die
patroon in Afrikaans is om die manlike term vir die
geslagsneutrale term te gebruik, soos bv. met ¡°akteur¡± die
geval is. Dit hang op die ou end van ons as taalpraktisyns
af om te besluit. Ons besluite kan dan ook gebruik
be?nvloed. Ek gaan voortaan ¡°verple?r¡± gebruik en sien wat
gebeur.
?
Ek sal graag hoor wat
julle dink.
?
Groete
Charl
--
Wilna Liebenberg
Taalkonsultant/Language Consultant
Geakkrediteerde Vertaler/Teksredigeerder
Accredited Translator/Text Editor
Be?digde Vertaler/Sworn Translator
Tel. +27 (0)28 4356906
Sel/Cell +27 (0)828248910
This message and any attachments are subject to restrictions and a disclaimer. Please refer to for full details.
Hierdie boodskap en enige aanhangsels is aan beperkings en 'n vrywaringsklousule onderhewig. Volledige besonderhede is by beskikbaar.