¿ªÔÆÌåÓý

Re: for compliance with medical and ethical standards


 

Ek stem saam met jou, Samuel,
Die studie is goedgekeur omdat/vanwe? die feit dat dit aan mediese en etiese standaarde voldoen , dus hoe klink 'die studie is vanwe? voldoening aan mediese en etiese standaarde goedgekeur' ?
Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
?????? Deo Gloria!


On Wed, 27 Oct 2021 at 08:54, Leona Labuschagne <leona@...> wrote:
Ek stem saam met jou 2 interpretasies, Samuel, en dis waarom ek "ter" verkies.

Vir my beteken "ter" dat die goedkeuring van die studie "noodsaaklik" is OM aan die mediese standaarde te KAN voldoen, d.w.s. die goedkeuring is ¡¯n wetlike vereiste of voorwaarde.

"Vir" beteken vir my dat die goedkeuring verkry word met die doel om te voldoen, maar dit gaan oor ¡¯n "doel" en nie oor ¡¯n wetlike vereiste of voorwaarde nie.

Of miskien kloof ek die haar nou heeltemal te fyn?? Sal graag wil hoor wat die ander s¨º.

Lekker dag, Almal!


___________________________________________________________________
Leona Labuschagne, Translator? ? ?|? ? ?083 302 2632? ? |? ? ?SA? ? GMT +2



-----Original Message-----
From: [email protected] On Behalf Of Samuel Murray
Sent: Wednesday, 27 October 2021 08:22
To: [email protected]
Subject: [zalangmed] for compliance with medical and ethical standards

Hallo almal

Hoe interpreteer julle di¨¦ stukkie?

The study has been approved by such-and-such for compliance with medical and ethical standards.

Beteken dit dat die studie goedgekeur is OMDAT dit aan mediese standaarde voldoen of SODAT dit aan mediese standaarde voldoen?? Ek vra, want ek dink dis "omdat", maar ek kry keer op keer vertalings waarin die vertaler dit ge?nterpreteer het as "sodat".

Na my mening werk dit so: "ter nakoming van" beteken "sodat", en "vir nakoming van" beteken "omdat".

Wat s¨º julle?

Samuel













Join [email protected] to automatically receive all group messages.