Helene van der Westhuizen
Samuel, baie baie dankie.
toggle quoted message
Show quoted text
Oor mnr Nguyen en jou spesmaas van niekundige vertalings. Dis vreemd, want ek dink dis op die groep waar ek van hom gehoor het, en ek het hom gekoop destyds. Hy's nou verlore, en ek sal hom weer moet koop, maar ek sien die Afrikaans is net op Kobo beskikbaar. Weet enigiemand van sagteware om dit om te skakel na PDF? En ek wonder nou net oor Wiki-artikels, want ek is maar versigtig om my op Wiki te verlaat. Tot hoe 'n mate vertrou jy Wiki? Groete Helene -----Original Message-----
From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Samuel Murray Sent: 06 June 2021 09:26 To: [email protected] Subject: Re: [zalangmed] Noodhulp On 05/06/2021 21:01, Helene van der Westhuizen wrote: 1. Is daar iemand wat Charl se vertalings van simberelimab enEk is minder geneig om die "z" na 'n "s" te verander, maar ek weet heelwat ander vertalers doen dit wel. 2. Dan soek ek ook na die Afrikaans vir platinum-doublet chemotherapy."platinum doublet" kom in verskeie van my TMs voor as deel van 'n studietitel, en dit is o.a. vertaal as: platinumdubbelkomponent platinumgebaseerde dubbelkomponent platinumbevattende dubbelkomponent platinumdubbelterapie platinumgebaseerde doeblet Ek verkies kort woorde, en die "gebaseerde" is m.i. onnodig. Ja, dis nie platinum s¨¦lf nie, maar 'n platinumverbinding, maar die Engelse het nie 'n pyn daarmee om gewoon "platinum" te gebruik nie. Geen dokter gaan dink dat daar werklik platinum in die behandeling sit nie. My huidige raaiskoot sou wees: platinum-dubbelkomponent-chemoterapie Let ook op dat die platinumverbinding nie s¨¦lf die dubbelkomponent is nie. Daar is twee dubbelkomponente, waarvan die platinumverbinding ¨¦¨¦n is. Wel, dis hoe ek die Wikipedia-artikel interpreteer, in elk geval. 3. Oor ¡®programmed cell death ligands¡¯: SalVir di¨¦ soort worswoorde gebruik ek sonder enige skuldgevoel die Engelse afkorting. Jy kan gerus "ligand" in Afrikaans gebruik (dis ook die enigste opsie in die Chemiewoordeboek -- onthou, Snyman is geneig om soms germanistiese extra opsies aan te bied). Onthou ook (maar jy het dit waarskynlik gesien), dis nie 'n geprogrameerde ligand nie. So, ek sou s¨º, geprogrammeerdeseldood-ligande. Essential 18000 Medical Words Dictionary in English and Afrikaans. NamMnr. Nguyen het 'n magdom woordelyste gepubliseer, bv. 'n regswoordeboek van 25000 woorde en 'n mediese woordeboek van 18000 woorde, in verskeie taalkombinasies. Ek het so 'n spesmaas dit is hoofsaaklik outomaties gegenereer, of in elk geval vertaal deur niekundiges. Dit is e-boeke wat ongeveer $10 elk kos. Maar miskien weet iemand meer hieroor? Samuel |