¿ªÔÆÌåÓý

Re: Noodhulp


 

On 05/06/2021 21:01, Helene van der Westhuizen wrote:

1. Is daar iemand wat Charl se vertalings van simberelimab en
domvanalimab kan bevestig? Eintlik kan ek seker die stilte as
bevestiging aanvaar, maar ek het al my vingers verbrand met aannames.
Ek is minder geneig om die "z" na 'n "s" te verander, maar ek weet heelwat ander vertalers doen dit wel.

2. Dan soek ek ook na die Afrikaans vir platinum-doublet chemotherapy.
"platinum doublet" kom in verskeie van my TMs voor as deel van 'n studietitel, en dit is o.a. vertaal as:
platinumdubbelkomponent
platinumgebaseerde dubbelkomponent
platinumbevattende dubbelkomponent
platinumdubbelterapie
platinumgebaseerde doeblet

Ek verkies kort woorde, en die "gebaseerde" is m.i. onnodig. Ja, dis nie platinum s¨¦lf nie, maar 'n platinumverbinding, maar die Engelse het nie 'n pyn daarmee om gewoon "platinum" te gebruik nie. Geen dokter gaan dink dat daar werklik platinum in die behandeling sit nie.

My huidige raaiskoot sou wees:
platinum-dubbelkomponent-chemoterapie

Let ook op dat die platinumverbinding nie s¨¦lf die dubbelkomponent is nie. Daar is twee dubbelkomponente, waarvan die platinumverbinding ¨¦¨¦n is. Wel, dis hoe ek die Wikipedia-artikel interpreteer, in elk geval.

3. Oor ¡®programmed cell death ligands¡¯: Sal
geprogrammeerdeseldoodbindmiddels werk? Die lang worswoord =
samestellende samestelling vlgs AWS? En vertaal ons die afkortings
daarvan PD-L1 snf PD-L2?
Vir di¨¦ soort worswoorde gebruik ek sonder enige skuldgevoel die Engelse afkorting.

Jy kan gerus "ligand" in Afrikaans gebruik (dis ook die enigste opsie in die Chemiewoordeboek -- onthou, Snyman is geneig om soms germanistiese extra opsies aan te bied). Onthou ook (maar jy het dit waarskynlik gesien), dis nie 'n geprogrameerde ligand nie.

So, ek sou s¨º, geprogrammeerdeseldood-ligande.

Essential 18000 Medical Words Dictionary in English and Afrikaans. Nam H Nguyen.
Mnr. Nguyen het 'n magdom woordelyste gepubliseer, bv. 'n regswoordeboek van 25000 woorde en 'n mediese woordeboek van 18000 woorde, in verskeie taalkombinasies. Ek het so 'n spesmaas dit is hoofsaaklik outomaties gegenereer, of in elk geval vertaal deur niekundiges. Dit is e-boeke wat ongeveer $10 elk kos. Maar miskien weet iemand meer hieroor?

Samuel

Join [email protected] to automatically receive all group messages.