On 04/02/2020 20:11, Ann Hiemstra wrote:
Volgens ons AWS skryf ons in Afrikaans 6:00 (om 6 uur in die oggend/v.m.) en 18:00 (om 6 uur in die aand/n.m.) aan te dui.
So is dit ook op skool by ons ingedril, dat "Afrikaans" altyd die 24-uur-notasie gebruik.
Maar dit is nie so nie. In sommige lande gebruik mense daadwerlik die 24-uur-notasie selfs ook wanneer hulle praat, maar bittermin Afrikaans-sprekers praat van "sestienuur" as hulle "vieruur" bedoel So, wat my betref is dit 'n puristiese mite.
Ek is nie eens oortuig dat alle Afrikaanse lesers gemaklik is met die 24-uur-notasie nie, en as jy dus 'n teks vertaal wat op laaggeskoolde lesers gemik is, dink ek jy doen die leser 'n onguns aan as jy nie ten minste ook die 12-uur-notasie gebruik nie.
Vraag: Wat is die korrekte skryfwyse in SA Engels? Is dit noodwendig dieselfde as in AF?
Ja, sover ek weet is die enigste rede hoekom "Afrikaans" die 24-uur-notasie gebruik nie weens spellingsredes nie maar om wetlike redes.
Die 24-uur-notasie is daar om dieselfde rede wat die SI-stelsel en desimale komma daar is. Dis vanwe? 'n wet wat aandui hoe die regering se eie wetenskaplike tekste in Suid-Afrika geskryf moet word, en vanwe? mense wat dan dink dat daardie wet ook op alle ander aspekte van ons lewens van toepassing sou moet wees.
Samuel