Keyboard Shortcuts
Likes
Search
Taalgebruik: medisynes, meervoud
Beste Kollegas
Ek het hier 'n navraag oor die gebruik van "medisynes" as meervoud in voubiljette by, wel, medisynes. In die omgang praat ons mos meer dikwels net van medisyne, enkelvoud, of dit nou meer as een soort is of nie, bv. Ek drink medisyne vir my maag. As ek ander medisyne ook wil neem, sal ek eers my dokter moet vra of die huidige medisyne se dosis nie dalk aangepas moet word nie. In 'n voubiljet, is hierdie egter die tipiese gebruik: As u reeds ander medisynes vir u maag neem, moet u u dokter vra voordat u Middel X ook neem. U dokter sal moontlik die dosis van die ander medisynes aanpas terwyl u Middel X neem.? Vir die persoon wat my hieroor gevra het, val die gebruik van die meervoud vreemd op die oor, maar vir my klink dit reg in die konteks. Ek hoor graag by diegene hier wat gereeld met hierdie soort vertalings werk om te hoor wat julle insigte en benadering is. Dankie Monica |
Sebastian Pistor
Hallo, almal Die AWS dui aan: medisyne, - of - s Jy's dus in die kol, Monica.? Groetnis Sent from my phone -------- Original message -------- From: Monica Bosman <monica1bosman@...> Date: Mon, 28 Mar 2022, 10:03 am To: [email protected] Subject: [ZaLang] Taalgebruik: medisynes, meervoud Beste Kollegas |
Dankie, Sebastian, vir nog 'n bron.
Ek het ook in die WAT die volgende gekry?"Middels, preparate of mengsels vir die behandeling of voorkoming van siektes, veral deur die mond ingeneem" ... "ook, (mv. medisynes) so 'n bep. middel, preparaat of mengsel". So "medisynes' is nie "onafrikaans" nie. Ek hoor egter graag by mense wat dalk self farmaseutiese vertalings doen, waarop die gebruik in daardie konteks gegrond word. Veral in sinne waar albei vorme (mv. óf ekv.) gepas sou wees. Dankie? Monica |
On 28/03/2022 10:03, Monica Bosman wrote:
Ek het hier 'n navraag oor die gebruik van "medisynes" as meervoud in voubiljette by, wel, medisynes. In die omgang praat ons mos meer dikwels net van medisyne, enkelvoud, of dit nou meer as een soort is of nie...Al die AWS'e sedert 1964 dui aan dat dit aanvaarbaar is om "medisyne" as enkelvoud én meervoud te gebruik EN dat dit aanvaarbaar is om "medisynes" as meervoud te gebruik. Ek kry "medikasie" slegs in die 2002 en 2009 AWS, en in beide gevalle is daar geen meervoud nie (m.a.w. dit is nie 'n enkelvoud nie maar 'n massanaam). My intekening op die AWS 2017 het verstryk, helaas. Geen van my taal/stylgidse spreek die kwessie van enkelvoud en meervoud van dié woorde spesifiek aan nie. My HAT bevat nie "medikasie" as trefwoord nie, en gee beide "medisyne" en "medisynes" aan. Die VAW bevat beide "medisyne" en "medisynes", maar slegs "medikasie". Die swart Pharos (Hiemstra) gee wel beide "medikasie" en "medikasies" aan (asook natuurlik "medisyne" en "medisynes"). Die Groot Woordeboek (Kritzinger) bevat slegs "medisyne" en "medisynes". Vir die persoon wat my hieroor gevra het, val die gebruik van die meervoud vreemd op die oor, maar vir my klink dit reg in die konteks.Ek stem saam dat sommige mense ongemaklik voel met die meervoud (ek het al taalpraktisyns te?gekom wat dit as 'n soort re?l handhaaf, dat 'n mens in Afrikaans nooit die meervoud van medisyne/medikasie gebruik nie), maar die groot gros van woordeboeke sê iets anders. Ek verkies om die meervoudsvorm te gebruik wanneer die Engels meervoud gebruik of wanneer dit duidelik beteken "soorte medisyne". Dus, as jy twee disprins neem, dan neem jy medisyne, maar as jy 'n disprin en 'n panado neem, dan neem jy medisynes. Dié gebruik help ook die leser die beste. Van die os op die jas... Wat die gebruik van "medikasie" betref sê SAAZ: "Die woord 'medikasie' slaan meer bepaald op geneeskundige behandeling of die toediening of gebruik van medisyne." en die VAW sê "medikasie: gebruik en toediening van medisyne of medikamente"... maar dit maak nie vir my sin nie. Vir my is "medikasie" bloot 'n sinoniem vir "medisyne". Ek kan aan geen moontlike voorbeeldsin dink waarin "medikasie" die "gebruik en toediening van medisyne" sou kon beteken nie. Dalk is ek net dom. Samuel |
开云体育Hi Monica ? Ek gebruik slegs medikasie of medikasies in farmaseutiese vertalings, nooit medisyne(s) nie. Ek het gevind dit werk in die meeste kontekste beter as medisyne, bv. ’n middel wat voor narkose gegee word om angs te verlig ? hier is medikasie beslis beter as medisyne. ? Groete ? Arina ?
????? Translation and Advertising Services ? 021?913 1344 / 082 558 3585 ? South African Translators’ Institute Accreditation ? From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Monica Bosman
Sent: Monday, 28 March, 2022 10:25 AM To: [email protected] Subject: Re: [ZaLang] Taalgebruik: medisynes, meervoud ? Dankie, Sebastian, vir nog 'n bron. |
On 28/03/2022 10:25, Monica Bosman wrote:
Ek hoor egter graag by mense wat dalk self farmaseutiese vertalings doen...As gereelde proefleser van diesulke tekste is my ervaring: Sommige puriste onder die farmaseutiese vertalers verander "medisynes" altyd in "medisyne", ongeag die betekenis. Ander farma-vertalers gebruik enkelvoud wanneer die Engels enkelvoud gebruik en meervoud wanneer die Engels meervoud gebruik. Sommige farma-vertalers vermy die woord "medikasie" sover moontlik, maar ander pas die beginsel toe van "medication = medikasie" en "medicine = medisyne". Jammer, dit help nie veel nie, ne? Samuel |
On 28/03/2022 10:29, Samuel Murray wrote:
Wat die gebruik van "medikasie" betref sê SAAZ: "Die woord 'medikasie' slaan meer bepaald op geneeskundige behandeling of die toediening of gebruik van medisyne." en die VAW sê "medikasie: gebruik en toediening van medisyne of medikamente"... maar dit maak nie vir my sin nie.Ek het verder gaan soek en bevind... Rompel se verpleegsterswoordeboek sê dit ook: medication: medikasie, geneeswyse; toediening van 'n geneesmiddel. Die WAG sê dit ook: medikasie: medication. 1. Impregnasie met 'n geneesmiddel. 2. Behandeling met geneesmiddels. Maar my ervaring is dat "medikasie" dikwels gebruik word as 'n formeler woord wat bloot "medisyne" beteken. Samuel |
Hallo Samuel
toggle quoted message
Show quoted text
Terwyl jy op die lyn is ... Kan jy seblief kyk waarom ek nie my eie navraag (en soms nie ander se navraag) kan sien nie? Dankie Lynette -----Original Message-----
From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Samuel Murray Sent: 28 March 2022 10:40 AM To: [email protected]; [email protected] Subject: Re: [ZaLang] Taalgebruik: medisynes, meervoud On 28/03/2022 10:29, Samuel Murray wrote: Wat die gebruik van "medikasie" betref sê SAAZ: "Die woord 'medikasie'Ek het verder gaan soek en bevind... Rompel se verpleegsterswoordeboek sê dit ook: medication: medikasie, geneeswyse; toediening van 'n geneesmiddel. Die WAG sê dit ook: medikasie: medication. 1. Impregnasie met 'n geneesmiddel. 2. Behandeling met geneesmiddels. Maar my ervaring is dat "medikasie" dikwels gebruik word as 'n formeler woord wat bloot "medisyne" beteken. Samuel |
Dankie julle?vir 'n baie mooi uiteensetting. Persoonlik hou en nie van die woord? "medisynes"? nie en vermy dit waar ek kan. Dan reken ek ook dat jy medisyne, of dan ook medikasie, wat jy per mond gebruik,? "drink"? en nie? "neem"? nie.? Jaco NS Disprin en Panado is handelsname en word dus met hoofletters geskryf.? Die aktiewe bestanddele daarin is aspirien en parasetamol, onderskeidelik. Please consider the environment before printing this email.?? On Mon, Mar 28, 2022 at 10:48 AM Lynette Posthumus <lynette@...> wrote: Hallo Samuel |
开云体育Ek stem saam: die meervoud is nodig, veral vir hierdie tipe werk (hoewel ek dit deesdae ook oor die algemeen gebruik (waar daar sprake van meer as een middel is).) ___________________________________________________________________ Leona Labuschagne, Translator???? |???? 083 302 2632??? |???? SA??? GMT +2 ? ? ? From: [email protected] On Behalf Of Monica Bosman
Sent: Monday, 28 March 2022 10:03 To: [email protected] Subject: [ZaLang] Taalgebruik: medisynes, meervoud ? Beste Kollegas |
开云体育Wow! Dankie Sebastian en AWS! ___________________________________________________________________ Leona Labuschagne, Translator???? |???? 083 302 2632??? |???? SA??? GMT +2 ? ? ? From: [email protected] On Behalf Of Sebastian Pistor
Sent: Monday, 28 March 2022 10:13 To: Monica Bosman <monica1bosman@...>; [email protected] Subject: Re: [ZaLang] Taalgebruik: medisynes, meervoud ? Hallo, almal ? Die AWS dui aan: medisyne, - of - s ? Jy's dus in die kol, Monica.? ? Groetnis Sent from my phone
|
Dit help wel, Sam, om te weet dat daar verskillende opinies is.
toggle quoted message
Show quoted text
Op 'n ligter noot, en miskien net vir streekstaal, niemand noem "medikament" nie! En dit lê dan so lekker op die oor... -----Original Message-----
From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Samuel Murray Sent: Monday, 28 March 2022 10:35 To: [email protected] Subject: Re: [ZaLang] Taalgebruik: medisynes, meervoud On 28/03/2022 10:25, Monica Bosman wrote: Ek hoor egter graag by mense wat dalk self farmaseutiese vertalingsAs gereelde proefleser van diesulke tekste is my ervaring: Sommige puriste onder die farmaseutiese vertalers verander "medisynes" altyd in "medisyne", ongeag die betekenis. Ander farma-vertalers gebruik enkelvoud wanneer die Engels enkelvoud gebruik en meervoud wanneer die Engels meervoud gebruik. Sommige farma-vertalers vermy die woord "medikasie" sover moontlik, maar ander pas die beginsel toe van "medication = medikasie" en "medicine = medisyne". Jammer, dit help nie veel nie, ne? Samuel |