¿ªÔÆÌåÓý

ctrl + shift + ? for shortcuts
© 2025 Groups.io

Re: Taalgebruik: medisynes, meervoud


 

Dankie julle?vir 'n baie mooi uiteensetting.

Persoonlik hou en nie van die woord? "medisynes"? nie en vermy dit waar ek kan.

Dan reken ek ook dat jy medisyne, of dan ook medikasie, wat jy per mond gebruik,? "drink"? en nie? "neem"? nie.?

Jaco

NS
Disprin en Panado is handelsname en word dus met hoofletters geskryf.? Die aktiewe bestanddele daarin is aspirien en parasetamol, onderskeidelik.








Please consider the environment before printing this email.??




On Mon, Mar 28, 2022 at 10:48 AM Lynette Posthumus <lynette@...> wrote:
Hallo Samuel

Terwyl jy op die lyn is ...

Kan jy seblief kyk waarom ek nie my eie navraag (en soms nie ander se navraag) kan sien nie?

Dankie
Lynette

-----Original Message-----
From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Samuel Murray
Sent: 28 March 2022 10:40 AM
To: [email protected]; [email protected]
Subject: Re: [ZaLang] Taalgebruik: medisynes, meervoud

On 28/03/2022 10:29, Samuel Murray wrote:

> Wat die gebruik van "medikasie" betref s¨º SAAZ: "Die woord 'medikasie'
> slaan meer bepaald op geneeskundige behandeling of die toediening of
> gebruik van medisyne." en die VAW s¨º "medikasie: gebruik en toediening
> van medisyne of medikamente"... maar dit maak nie vir my sin nie.
>
> Vir my is "medikasie" bloot 'n sinoniem vir "medisyne".? Ek kan aan
> geen moontlike voorbeeldsin dink waarin "medikasie" die "gebruik en
> toediening van medisyne" sou kon beteken nie.? Dalk is ek net dom.

Ek het verder gaan soek en bevind...

Rompel se verpleegsterswoordeboek s¨º dit ook:

medication: medikasie, geneeswyse;? toediening van 'n geneesmiddel.

Die WAG s¨º dit ook:

medikasie: medication. 1. Impregnasie met 'n geneesmiddel. 2.
Behandeling met geneesmiddels.

Maar my ervaring is dat "medikasie" dikwels gebruik word as 'n formeler woord wat bloot "medisyne" beteken.

Samuel











Join [email protected] to automatically receive all group messages.