On 28/03/2022 10:25, Monica Bosman wrote:
Ek hoor egter graag by mense wat dalk self farmaseutiese vertalings doen...
As gereelde proefleser van diesulke tekste is my ervaring:
Sommige puriste onder die farmaseutiese vertalers verander "medisynes" altyd in "medisyne", ongeag die betekenis. Ander farma-vertalers gebruik enkelvoud wanneer die Engels enkelvoud gebruik en meervoud wanneer die Engels meervoud gebruik. Sommige farma-vertalers vermy die woord "medikasie" sover moontlik, maar ander pas die beginsel toe van "medication = medikasie" en "medicine = medisyne".
Jammer, dit help nie veel nie, ne?
Samuel