Eish, ek dink ek sou liewer ¡°afslag/korting vir niewinsgewende organisasies¡± OF ¡°niewinsgewende organisasies kry afslag¡± probeer gebruik ¨C maar sal dit werk in jou konteks, Tony?
Hi Tony, vlgns die AWS is daar net een manier: niewinsgewendeorganisasieafslag/korting. Ek sal ¡®n koppelteken voor afslag/korting insluit om kortasemigheid te vermy¡¯
Niewinsgewende organisasie word los geskryf. Wat is egter die korrekte skrywyse by samestellings hiermee?
?
Afslag toegestaan aan WGO¡¯s: Niewinsgewende-organisasie-afslag of niewinsgewendeorganisasie-afslag?
Korting toegestaan aan WGO¡¯s: Niewinsgewende-organisasiekorting of niewinsgewendeorganisasie-afslag?
?
Ek het die spelling ¡°niewinsgewende organisasie- afslag¡± voor my, maar sien geen rede vir die afstandkoppelteken nie.
Die koppelteken in niewinsgewende-organisasiekorting lyk ook nie vir my noodsaaklik nie, maar verkeerd is dit seker nie; die AWS laat heelwat ruimte vir die skrywer/leser se mening wat opeenhoping van vokaalletters betref.