Die nuutkommers het baie entoesiasme en min leeservaring.
toggle quoted message
Show quoted text
Dit begin met
"IF all goes to plan ...".? 'n Baie groot IF.? AS die
voorspellings van die fusie protagoniste gerealiseer het, was
die reuse ITER reeds sowat 'n dekade gelede operasioneel, en
teen 'n klein breukdeel van sy koste tot dusver.? Maar nou word
voorspel dat dit in die 1930s sal begin werk as prototipe
om te wys dat fusie-krag dalk moontlik sal wees.
?
gee
meer besonderhede oor die beplande aanleg in Virginia.? Dit se^
onder andere:
" .. let¡¯s
hold our nuclear horses for just a moment: there are several
steps that must be completed before this fusion plant, named ARC
(for ¡°affordable, robust, compact¡±), could be plugged into
Virginia¡¯s power grid. For one, CFS has not finished its
demonstration machine, SPARC (¡°smallest possible ARC¡±). The
company says it expects the completed SPARC to show net energy
production in 2027. That alone would be a feat."
Voordat
daardie maatskappy (CFS) se SPARC werk, is dit blote wensdenkery
van hulle om so groot van hierdie
beoogde ARC te praat.? Soos male sonder tal met fusie in die
afgelope driekwart-eeu, sal daar niks meer as grootpratery van
kom nie.???
Ek sien
nerens dat hulle die wesentlike probleme van enorme
stralingskade a g v die ultrasnel (14.3 MeV) neutrone bespreek
nie.? Teen 400 MW kraglewering gaan daardie supersnel neutrone
hulle superduur kriogene supergeleiers taamlik gou vernietig.??
Ek sien ook
nie hoe hulle genoeg tritium brandstof (wat nie in
naastenby genoegsame hoeveelhede in die natuur voorkom nie, en
wat tot nou toe uit Kanada se CANDU reaktore verkry is) gaan kry
nie.? Kanada het intussen meeste van sy CANDU reaktore gesluit,
en beplan om ook die origes binnekort te sluit.? Tritium het 'n
halfleeftyd van sowat 12 jaar.?? M a w die bestaande beskeie
voorraad daarvan word elke 12 jaar met die helfte verminder.? So
wanneer hierdie beloofde reaktor oor 12 of meer jare gereed sal
wees sal daar maar min brandstof beskikbaar wees.
On 2024/12/27 01:56, Van Niekerk,
Wikus, Prof [
wikus@...] via wrote: