Verreweg die
mees koste-effektiewe maniere om fusie-energie na
elektrisiteit om te sit is via fotovoltaiese, wind- en
hidrokrag.? Met battery en gepompte hidro as stoor bygevoeg waar
nodig (buigsame hidro is meer energie-doeltreffend as
gepompte).? Die $2 miljard totaal wat CFS ingesamel het, is
waarskynlik minder as wat die Oekraiense, Gaza, Hezbollah,
Siriese, Houthi en ander oorloe per dag kos.? Dis nou as
die skade wat aangerig word by die militere koste getel word.
Die
aankondiging van die "400 MWe fusie kragstasie" is maar net nog
'n manier om hul stokperdjie te finansier!? Daar sal NIKS wat
ekonomies krag kan lewer van kom nie!? Nie in hierdie eeu nie.?
Ook nie in hierdie millenium nie.? Die wat dit "betwyfel", het
nie die fisika van hitte-oordrag, plasma-stabiliteit en
stralingskade ... behoorlik en eerlik toegepas nie.? Tokamaks
anders as sommige meer gekompliseerde konfigurasies (bv
Wendelstein) se plasmas is inherent onstabiel en kan
katastrofies "ontplof".? 'n Magnetiese energie
ontploffing van die soort wat keer dat die nog veel duurder ITER
masjien voltooi word!? Wee diegene wat naby is wanneer dit
gebeur!
On 2024/12/27 09:34, Wolhuter, Riaan,
Dr [
wolhuter@...] via groups.io wrote:
toggle quoted message
Show quoted text
Ek
is net verbaas dat daar soveel geld ingestort word.
?
?
CAUTION:
This email originated from outside the Stellenbosch
University network. Do not click links or open attachments
unless you recognize the sender and know the content is
safe.
?
Dit
begin met "IF all goes to plan ...".? 'n Baie groot IF.?
AS die voorspellings van die fusie protagoniste
gerealiseer het, was die reuse ITER reeds sowat 'n dekade
gelede operasioneel, en teen 'n klein breukdeel van sy
koste tot dusver.? Maar nou word voorspel dat dit
in die 1930s sal begin werk as prototipe om te wys dat
fusie-krag dalk moontlik sal wees.
?
gee
meer besonderhede oor die beplande aanleg in Virginia.?
Dit se^ onder andere:
"
.. let¡¯s hold our nuclear horses for just a moment: there
are several steps that must be completed before this
fusion plant, named ARC (for ¡°affordable, robust,
compact¡±), could be plugged into Virginia¡¯s power grid.
For one, CFS has not finished its demonstration machine,
SPARC (¡°smallest possible ARC¡±). The company says it
expects the completed SPARC to show net energy production
in 2027. That alone would be a feat."
Voordat
daardie maatskappy (CFS) se SPARC werk, is dit blote
wensdenkery van hulle om so groot van hierdie beoogde ARC
te praat.? Soos male sonder tal met fusie in die afgelope
driekwart-eeu, sal daar niks meer as grootpratery van kom
nie.???
Ek
sien nerens dat hulle die wesentlike probleme van enorme
stralingskade a g v die ultrasnel (14.3 MeV) neutrone
bespreek nie.? Teen 400 MW kraglewering gaan daardie
supersnel neutrone hulle superduur kriogene supergeleiers
taamlik gou vernietig.??
Ek
sien ook nie hoe hulle genoeg tritium
brandstof (wat nie in naastenby genoegsame
hoeveelhede in die natuur voorkom nie, en wat tot nou toe
uit Kanada se CANDU reaktore verkry is) gaan kry nie.?
Kanada het intussen meeste van sy CANDU reaktore gesluit,
en beplan om ook die origes binnekort te sluit.? Tritium
het 'n halfleeftyd van sowat 12 jaar.?? M a w die
bestaande beskeie voorraad daarvan word elke 12 jaar met
die helfte verminder.? So wanneer hierdie beloofde reaktor
oor 12 of meer jare gereed sal wees sal daar maar min
brandstof beskikbaar wees.
?
On 2024/12/27 01:56, Van Niekerk,
Wikus, Prof [wikus@...]
via groups.io wrote:
?
The
integrity and confidentiality of this email are governed
by these terms.
Die integriteit en vertroulikheid van hierdie e-pos word
deur die volgende bepalings bere?l.