Hieronder
staan in rooi "vir die reflektore is die afstand maar so
~1500 km van die aarde".? Dis ver genoeg om effektief
te wees tot 'n hele paar ure na sononder, en ook vir 'n hele
paar ure voor sonop.? En die divergensie op daardie afstand
sal 24 keer minder wees as op 36000 km.? Daar sal soos met
Musk se satelliet-kommunikasie projek uiteindelik 'n swerm
spieels moet wees,
vir 'n swerm PV plase wat dit op die grond benut (en/of op
groot damme).? Maar nie so baie
as vir kommunikasie nie.
Die JWT
(James Webb teleskoop) is ook aan partikels en kosmiese
straling blootgestel.? So ook PV panele op satelliete.? Albei
is m i meer sensitief as 'n plat spieel van so 5 km deursnee
wat reflekteer na 'n sonplaas van ongeveer dieselfde grootte.?
toggle quoted message
Show quoted text
On 2024/10/13 21:23, Pieter Van der Walt wrote:
Korreksie!
My rekenkunde het my in die steek gelaat. Die kol op aarde
se deursnit werk uit op omtrent 0.5*pi/180*36000+10. 'n
Bietjie baie groter as 42 km!
On Sun, Oct 13, 2024 at
7:35?PM Pieter Van der Walt via <pwvanderwalt=
[email protected]>
wrote:
Hi Bernhard?
Die son se deursnit is ongeveer 'n halwe graad. As jy
die son met 'n plat spie?l weerkaats divergeer?die
weerkaatste straal met dieselfde hoek, sonder om
diffraksie in ag te neem. Oor 'n afstand van 36000 km sal
'n plat spie?l van 10 km deursnit 'n kol van omtrent 42
km^2 gooi, oftewel 6 km deursnit. Dis groot!?
Die groter probleem is blykbaar die skade wat klein
partikels en kosmiese straling aan die oppervlakte van 'n
optiese spie?l sal aanrig. Dat sal die effektiwiteit van
weerkaatsing baie vinnig degradeer.
PW
Inderdaad,
Pieter.?? Maar met plat spieels in die ruimte kom
mikrogolwe, fotovoltaiese panele en omsetters in die
ruimte gladnie ter sprake nie.? Sonlig met lamda ~
500 nm kan baie makliker en akkurater gestuur word,
maar word natuurlik deur wolke en lugbesoedeling
benadeel.? Maar nie soseer waar dit saak maak (bv in
die NoordKaap) nie.
On 2024/10/09 21:37, Pieter Van der Walt wrote:
Hi Bernhard
Die probleem is nie aan die optiese kant nie.
Om die opgewekte drywing met mikrogolf aarde toe
te straal is waar die probleem l¨º.?
My syfers is vir golwe met 'n golflengte van
300 mm (1 GHz) en die vergelykings vir 'n antenne
wat ook fase in ag neem. As die skottel nie
daardie toleransies handhaaf nie sal die golwe nie
koherent sommeer en 'n skerp bundel vorm nie.
Groete
PW
Ek neem aan die artikel waarna
verwys word is
.? Vir sonlig is die spektrum
gekonsentreer rondom 500 nm, meer as 'n
miljoen keer soveel as 300 mm.? Dan is
eenvoudige reflektore wat mooi plat is en
korrek gerig word al wat nodig is in die
ruimte (lae baan LEO).? Groter maar
origens veel makliker as wat reeds met die
James Webb teleskoop (JWT) bereik is -- vir die reflektore is
die afstand maar so ~1500 km van die
aarde, terwyl dit vir JWT 1.5
miljoen km is. Dit is sowat 1000 keer
soveel.
En met die reflektor so na aan
die aarde, en die golflengtes so kort, sal
geometriese optika voldoende wees --
eerder as die orde 100 nm akkuraatheid wat
nodig is by JWT.? 'n Tegnies relatief
maklike doel, wat myns insiens reeds in of
dalk selfs voor die 1930s kan werk.? Dis
nou as Elon hom maar hierop wil toespits eerder as om hom met Twitter/X of
politiek te wil bemoei!??
Hierdie opsie maak van PV plase
op die grond gebruik, eerder as PV in die
ruimte.? En vul daardie plase se opbrengs
aan van bv 'n uur of twee voor sononder
tot so 2 of 4 ure na sononder.? Dit is
gedurende tye van piek-aanvraag.? En van
bv 2 uur voor sonop tot 2 ure na sonop.?
Ook tye wanneer gewone PV tekortskiet.??
As die sonplase bv in die
NoordKaap of NoordWes Provinsie sou wees,
sal daar nie te dikwels wolke wees wat die
gereflekteerde son sal afkeer nie.? Eskom
se kragnet-opvolger moet net die
transmissielyne bou.? Transmissielyne wat
met hierdie reflektor-stalliete vir baie
meer (tipies dubbel soveel) ure per jaar
sal kan PV krag lewer as sonder die
reflektore.? As daar groot Li-ioon of
Na-ioon batterye by die plase opgerig
word, kan krag op meeste dae vir 24 uur / dag gelewer word
On 2024/10/09 08:27, Wolhuter, Riaan, Dr [
wolhuter@...]
via
wrote:
Nee, gaan nie werk
nie¡
?
?
CAUTION:
This email originated from outside the
Stellenbosch University network. Do
not click links or open attachments
unless you recognize the sender and
know the content is safe.
?
Ja, die
ruimteverspreiding?oor daardie afstand
is so groot dat jy 'n baie groot
antenne nodig het om? 'n smal bundel
te vorm en 'n antenne met 'n baie
groot ontvangs oppervlakte op aarde
nodig het om 'n goeie breuk van die
uitgestraalde?drywing op te vang.?
Om 'n paar syfers
te noem:
'n Kol van
omtrent 10 km deursnit op aarde
benodig?bo 'n antenne met 'n
deursnit van? sowat 3600
golflengtes. Met 'n golflengte van
300 mm werk dit uit op 'n skottel
met 'n deursnit van omtrent 'n
kilometer. Die toelaatbare
afwyking? van
die?oppervlakteprofiel?vanaf 'n
perfekte parabolo?ed?is 'n
wortel-gemiddeld kwadraat fout van
die orde van 1/12 golflengte, of
25 mm. Jy moet nou al die
boumateriaal hiervoor van die
aarde af lanseer in 'n geosinkrone
wentelbaan.
Die 10 km
deursnit antenne op aarde moet
dieselfde akkuraatheid handhaaf
om die golwe koherent te kan
sommeer.
Dit word 'n baie
baie vinnig 'n baie? duur speletjie!
?
Die kwadratiese
verswakking met beide
afstand en frekwenie oor
36000 km is baie hoog
?
?
CAUTION:
This email originated from
outside the Stellenbosch
University network. Do not
click links or open
attachments unless you
recognize the sender and
know the content is safe.
?
Ja.? Geostasionere baan is
baie ver, wat logistiek duur
maak, en mikrogolwe wyd laat
sprei, sodat dit nie op
klein- of medium skaal
bedryf kan word nie.? Maar
ek sou graag die artikel wou
sien!
On
2024/10/07 10:36,
Wolhuter, Riaan, Dr [wolhuter@...] via
wrote:
Stem heeltemal
saam met daardie
siening.
?
?
CAUTION:
This email originated
from outside the
Stellenbosch
University network. Do
not click links or
open attachments
unless you recognize
the sender and know
the content is safe.
?
Hi
Bernhard
Dit
wys by my 'n
prentjie. Dit is 'n
redakteursnota vir
'n artikel in IEEE
Spectrum wat
bevestig dat 'n
ruimtekragstasie wat
mikrogolfdrywing na
die aarde straal
glad nie haalbaar is
itv koste, tegniese
en logistieke
uirdagings nie.
?
Die skakel
hieronder wil nie
oopmaak nie!
On 2024/10/06 19:31, Pieter Van der Walt wrote:
The
integrity and
confidentiality of this
email are governed by
these terms.
Die integriteit en
vertroulikheid van
hierdie e-pos word deur
die volgende bepalings
bere?l.