¿ªÔÆÌåÓý

ctrl + shift + ? for shortcuts
© 2025 Groups.io

Re: Ruimtekrag


 

Korreksie!
My rekenkunde het my in die steek gelaat. Die kol op aarde se deursnit werk uit op omtrent 0.5*pi/180*36000+10. 'n Bietjie baie groter as 42 km!

?

On Sun, Oct 13, 2024 at 7:35?PM Pieter Van der Walt via <pwvanderwalt=[email protected]> wrote:

Hi Bernhard?
Die son se deursnit is ongeveer 'n halwe graad. As jy die son met 'n plat spie?l weerkaats divergeer?die weerkaatste straal met dieselfde hoek, sonder om diffraksie in ag te neem. Oor 'n afstand van 36000 km sal 'n plat spie?l van 10 km deursnit 'n kol van omtrent 42 km^2 gooi, oftewel 6 km deursnit. Dis groot!?
Die groter probleem is blykbaar die skade wat klein partikels en kosmiese straling aan die oppervlakte van 'n optiese spie?l sal aanrig. Dat sal die effektiwiteit van weerkaatsing baie vinnig degradeer.

PW

On Sat, Oct 12, 2024 at 6:04?PM bernhard via <bernhard=[email protected]> wrote:

Inderdaad, Pieter.?? Maar met plat spieels in die ruimte kom mikrogolwe, fotovoltaiese panele en omsetters in die ruimte gladnie ter sprake nie.? Sonlig met lamda ~ 500 nm kan baie makliker en akkurater gestuur word, maar word natuurlik deur wolke en lugbesoedeling benadeel.? Maar nie soseer waar dit saak maak (bv in die NoordKaap) nie.

On 2024/10/09 21:37, Pieter Van der Walt wrote:
Hi Bernhard
Die probleem is nie aan die optiese kant nie. Om die opgewekte drywing met mikrogolf aarde toe te straal is waar die probleem l¨º.?
My syfers is vir golwe met 'n golflengte van 300 mm (1 GHz) en die vergelykings vir 'n antenne wat ook fase in ag neem. As die skottel nie daardie toleransies handhaaf nie sal die golwe nie koherent sommeer en 'n skerp bundel vorm nie.

Groete
PW

On Wed, Oct 9, 2024 at 8:32?PM bernhard via <bernhard=[email protected]> wrote:

Ek neem aan die artikel waarna verwys word is .? Vir sonlig is die spektrum gekonsentreer rondom 500 nm, meer as 'n miljoen keer soveel as 300 mm.? Dan is eenvoudige reflektore wat mooi plat is en korrek gerig word al wat nodig is in die ruimte (lae baan LEO).? Groter maar origens veel makliker as wat reeds met die James Webb teleskoop (JWT) bereik is -- vir die reflektore is die afstand maar so ~1500 km van die aarde, terwyl dit vir JWT 1.5 miljoen km is. Dit is sowat 1000 keer soveel.

En met die reflektor so na aan die aarde, en die golflengtes so kort, sal geometriese optika voldoende wees -- eerder as die orde 100 nm akkuraatheid wat nodig is by JWT.? 'n Tegnies relatief maklike doel, wat myns insiens reeds in of dalk selfs voor die 1930s kan werk.? Dis nou as Elon hom maar hierop wil toespits eerder as om hom met Twitter/X of politiek te wil bemoei!??

Hierdie opsie maak van PV plase op die grond gebruik, eerder as PV in die ruimte.? En vul daardie plase se opbrengs aan van bv 'n uur of twee voor sononder tot so 2 of 4 ure na sononder.? Dit is gedurende tye van piek-aanvraag.? En van bv 2 uur voor sonop tot 2 ure na sonop.? Ook tye wanneer gewone PV tekortskiet.??

As die sonplase bv in die NoordKaap of NoordWes Provinsie sou wees, sal daar nie te dikwels wolke wees wat die gereflekteerde son sal afkeer nie.? Eskom se kragnet-opvolger moet net die transmissielyne bou.? Transmissielyne wat met hierdie reflektor-stalliete vir baie meer (tipies dubbel soveel) ure per jaar sal kan PV krag lewer as sonder die reflektore.? As daar groot Li-ioon of Na-ioon batterye by die plase opgerig word, kan krag op meeste dae vir 24 uur / dag gelewer word

On 2024/10/09 08:27, Wolhuter, Riaan, Dr [wolhuter@...] via wrote:

Nee, gaan nie werk nie¡­

?

From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Pieter Van der Walt via
Sent: Tuesday, 08 October 2024 23:14
To: [email protected]
Subject: Re: [ZA-energie] Ruimtekrag

?

CAUTION: This email originated from outside the Stellenbosch University network. Do not click links or open attachments unless you recognize the sender and know the content is safe.

?

Ja, die ruimteverspreiding?oor daardie afstand is so groot dat jy 'n baie groot antenne nodig het om? 'n smal bundel te vorm en 'n antenne met 'n baie groot ontvangs oppervlakte op aarde nodig het om 'n goeie breuk van die uitgestraalde?drywing op te vang.?

Om 'n paar syfers te noem:

'n Kol van omtrent 10 km deursnit op aarde benodig?bo 'n antenne met 'n deursnit van? sowat 3600 golflengtes. Met 'n golflengte van 300 mm werk dit uit op 'n skottel met 'n deursnit van omtrent 'n kilometer. Die toelaatbare afwyking? van die?oppervlakteprofiel?vanaf 'n perfekte parabolo?ed?is 'n wortel-gemiddeld kwadraat fout van die orde van 1/12 golflengte, of 25 mm. Jy moet nou al die boumateriaal hiervoor van die aarde af lanseer in 'n geosinkrone wentelbaan.

Die 10 km deursnit antenne op aarde moet dieselfde akkuraatheid handhaaf om die golwe koherent te kan sommeer.

?

?

Dit word 'n baie baie vinnig 'n baie? duur speletjie!

?

On Mon, Oct 7, 2024 at 12:12?PM Wolhuter, Riaan, Dr [wolhuter@...] via <wolhuter=[email protected]> wrote:

Die kwadratiese verswakking met beide afstand en frekwenie oor 36000 km is baie hoog

?

From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of bernhard via
Sent: Monday, 07 October 2024 11:59
To: [email protected]
Subject: Re: [ZA-energie] Ruimtekrag

?

CAUTION: This email originated from outside the Stellenbosch University network. Do not click links or open attachments unless you recognize the sender and know the content is safe.

?

Ja.? Geostasionere baan is baie ver, wat logistiek duur maak, en mikrogolwe wyd laat sprei, sodat dit nie op klein- of medium skaal bedryf kan word nie.? Maar ek sou graag die artikel wou sien!

On 2024/10/07 10:36, Wolhuter, Riaan, Dr [wolhuter@...] via wrote:

Stem heeltemal saam met daardie siening.

?

From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Pieter Van der Walt via
Sent: Monday, 07 October 2024 10:02
To: ZA_energie <[email protected]>
Subject: Re: [ZA-energie] Ruimtekrag

?

CAUTION: This email originated from outside the Stellenbosch University network. Do not click links or open attachments unless you recognize the sender and know the content is safe.

?

Hi Bernhard

Dit wys by my 'n prentjie. Dit is 'n redakteursnota vir 'n artikel in IEEE Spectrum wat bevestig dat 'n ruimtekragstasie wat mikrogolfdrywing na die aarde straal glad nie haalbaar is itv koste, tegniese en logistieke uirdagings nie.

?

On Sun, 06 Oct 2024, 20:37 bernhard via , <bernhard=[email protected]> wrote:

Die skakel hieronder wil nie oopmaak nie!

On 2024/10/06 19:31, Pieter Van der Walt wrote:

Ek stem heelhartig saam.

The integrity and confidentiality of this email are governed by these terms.
Die integriteit en vertroulikheid van hierdie e-pos word deur die volgende bepalings bere?l.

Join [email protected] to automatically receive all group messages.