Ek neem
aan die artikel waarna verwys word is
.? Vir sonlig is die spektrum gekonsentreer rondom 500 nm,
meer as 'n miljoen keer soveel as 300 mm.? Dan is eenvoudige
reflektore wat mooi plat is en korrek gerig word al wat nodig
is in die ruimte (lae baan LEO).? Groter maar origens veel
makliker as wat reeds met die James Webb teleskoop (JWT)
bereik is -- vir die reflektore is die afstand maar so ~1500
km van die aarde, terwyl dit vir JWT 1.5 miljoen km is. Dit is
sowat 1000 keer soveel.
En met
die reflektor so na aan die aarde, en die golflengtes so kort,
sal geometriese optika voldoende wees -- eerder as die orde
100 nm akkuraatheid wat nodig is by JWT.? 'n Tegnies relatief
maklike doel, wat myns insiens reeds in of dalk selfs voor die
1930s kan werk.? Dis nou as Elon hom maar hierop wil toespits
eerder as om hom
met Twitter/X of politiek te wil bemoei!??
Hierdie
opsie maak van PV plase op die grond gebruik, eerder as PV in
die ruimte.? En vul daardie plase se opbrengs aan van bv 'n
uur of twee voor sononder tot so 2 of 4 ure na sononder.? Dit
is gedurende tye van piek-aanvraag.? En van bv 2 uur voor
sonop tot 2 ure na sonop.? Ook tye wanneer gewone PV
tekortskiet.??
As die
sonplase bv in die NoordKaap of NoordWes Provinsie sou wees,
sal daar nie te dikwels wolke wees wat die gereflekteerde son
sal afkeer nie.? Eskom se kragnet-opvolger moet net die
transmissielyne bou.? Transmissielyne wat met hierdie
reflektor-stalliete vir baie meer (tipies dubbel soveel) ure
per jaar sal kan PV krag lewer as sonder die reflektore.? As
daar groot Li-ioon of Na-ioon batterye by die plase opgerig
word, kan krag op meeste
dae vir 24 uur / dag gelewer word
On 2024/10/09 08:27, Wolhuter, Riaan,
Dr [
wolhuter@...] via groups.io wrote:
toggle quoted message
Show quoted text
Nee,
gaan nie werk nie¡
?
?
CAUTION:
This email originated from outside the Stellenbosch
University network. Do not click links or open attachments
unless you recognize the sender and know the content is
safe.
?
Ja, die ruimteverspreiding?oor daardie
afstand is so groot dat jy 'n baie groot antenne nodig het
om? 'n smal bundel te vorm en 'n antenne met 'n baie groot
ontvangs oppervlakte op aarde nodig het om 'n goeie breuk
van die uitgestraalde?drywing op te vang.?
Om 'n paar syfers te noem:
'n Kol van omtrent 10 km deursnit
op aarde benodig?bo 'n antenne met 'n deursnit van?
sowat 3600 golflengtes. Met 'n golflengte van 300 mm
werk dit uit op 'n skottel met 'n deursnit van omtrent
'n kilometer. Die toelaatbare afwyking? van
die?oppervlakteprofiel?vanaf 'n perfekte
parabolo?ed?is 'n wortel-gemiddeld kwadraat fout van
die orde van 1/12 golflengte, of 25 mm. Jy moet nou al
die boumateriaal hiervoor van die aarde af lanseer in
'n geosinkrone wentelbaan.
Die 10 km deursnit antenne op
aarde moet dieselfde akkuraatheid handhaaf om die
golwe koherent te kan sommeer.
Dit word 'n baie baie vinnig 'n baie?
duur speletjie!
?
Die
kwadratiese verswakking met beide afstand en
frekwenie oor 36000 km is baie hoog
?
?
CAUTION:
This email originated from outside the
Stellenbosch University network. Do not click
links or open attachments unless you recognize
the sender and know the content is safe.
?
Ja.? Geostasionere baan is baie ver, wat
logistiek duur maak, en mikrogolwe wyd laat
sprei, sodat dit nie op klein- of medium skaal
bedryf kan word nie.? Maar ek sou graag die
artikel wou sien!
On 2024/10/07
10:36, Wolhuter, Riaan, Dr [wolhuter@...]
via
wrote:
Stem
heeltemal saam met daardie siening.
?
?
CAUTION:
This email originated from outside the
Stellenbosch University network. Do not
click links or open attachments unless you
recognize the sender and know the content
is safe.
?
Hi Bernhard
Dit wys by my
'n prentjie. Dit is 'n redakteursnota
vir 'n artikel in IEEE Spectrum wat
bevestig dat 'n ruimtekragstasie wat
mikrogolfdrywing na die aarde straal
glad nie haalbaar is itv koste, tegniese
en logistieke uirdagings nie.
?
Die skakel hieronder wil nie oopmaak
nie!
On 2024/10/06
19:31, Pieter Van der Walt wrote:
The
integrity and confidentiality of this email
are governed by these terms.
Die integriteit en vertroulikheid van
hierdie e-pos word deur die volgende
bepalings bere?l.