Keyboard Shortcuts
ctrl + shift + ? :
Show all keyboard shortcuts
ctrl + g :
Navigate to a group
ctrl + shift + f :
Find
ctrl + / :
Quick actions
esc to dismiss
Likes
Search
Re: FW: Spelling Conundrum
Helene van der Westhuizen
Hallo Samuel
toggle quoted message
Show quoted text
Indien dit die geval is, lyk dit vir my dat daar drie lae wondbedekking is, en nie twee, soos wat dit vir my gelyk het aan die begin nie. Die volgende maak dan meer sin. Soos wat dit aan die begin gelyk het, was dit die buitenste lagie met iets soos 'n skuimerige substans wat teen die wond l¨º. 'The perforated wound contact layer protects the wound bed from adhering to the dressing by preventing the formation of granulation tissue into the pores of the foam, thus reducing trauma on dressing removal.' Dit lyk egter nou of daar die buitenste laag is, dan die sponslaag en dan 'n geperforeerde laag wat toelaat dat die vog opgeneem word, maar keer dat die bloedplaatjies rowe vorm wat daaraan vassit. Baie dankie. Jy is steeds 'n meester. Groete Helene -----Original Message-----
From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Samuel Murray Sent: 01 May 2022 17:01 To: [email protected] Subject: Re: [zalangmed] FW: Spelling Conundrum Hallo Helene Ek sou die "foam" vertaal as "spons", want dit is wat dit in di¨¦ geval is (dis nie skuim nie, maar spons). Vir my verwys die Afrikaanse woord "skuim" eksklusief na 'n soort halfvloeibare stof. Die Engelse gebruik die woord "foam" vir albei (die vloeibare stof ¨¦n spons). Dink aan foam mattress = sponsmatras. Ek is seker "nieklewerige" sal nie misverstaan word nie, maar vir my beteken "klewerig" dat iets taai of plakkerig is, en non-adhesive of non-adherent wonddekking is nie spesifiek nie t¨¢¨¢i nie, maar is bloot ontwerp om nie aan die kwesbare deel van die wond vas te sit nie. Die feit dat iets nie taai of plakkerig is nie, maak dit nie noodwendig non-adherent nie. Sou "kleefvrye" of "niekleef-" nie beter werk nie? Samuel == On 01/05/2022 16:01, Ann Hiemstra wrote: Helene, |
to navigate to use esc to dismiss