¿ªÔÆÌåÓý

Re: EN>AF : partner > seksmaat /verhoudingsmaat ??


 

On 17/03/2022 08:59, Ann Hiemstra wrote:

'Ons' (hoeveel in my pond?) het mettertyd aanvaar dat 'partner' as 'seksmaat' vertaal word, maar daar is dokumente waarin dit vir my lastig bly om dit so te doen, en dan bly daar 'huweliksmaat/gade/eggenoot' oor ¨C wat nie altyd geld nie want
[juis] nie almal is getroud nie ¨C oor.
Hoor ek toe nou die dag oor die radio iemand praat van 'verhoudingsmaat'.
Ek kom uit 'n agtergrond waar dit normaler is om gereeld seks te h¨º met iemand met wie jy 'n taamlik permanente verhouding het as om gereeld seks te h¨º met wie ook al voorradig is, en ek was taamlik oud al (nadat ek afgestudeer het) wat ek besef het dat dit eintlik nie die norm is nie. Daar word vreeslik baie rondgeslaap (ook onder Afrikaans-sprekendes).

Ek verstaan dat die woord "seksmaat" vir sommige mense aanstoot gaan gee. 'n Mens beskou jou eggenoot tog nie as jou "seksmaat" nie, maar as jou lewensmaat met wie jy toevallig ook seks het (skies, dalk praat ek nou uit by my beurt). Maar ek gebruik dus "seksmaat" omdat "maat" 'n taamlik ouderwetse woord is wat nie deur alle lesers verstaan sal word nie, en "maatjie" net te informeel oorkom.

Oor "verhoudingsmaat"... dit klink na 'n goeie woord om die huweliksbetekenis te vermy (maar daar is ook "lewensmaat" en "liefdesmaat"). As jou teks nie "seksmaat" kan hanteer nie, sal "verhoudingsmaat" seker werk, mits jy besef dat jy 'n woord gebruik wat sommige mense se aktiwiteite uitsluit.

Die vraag is: sou die deursnee persoon wat lukraak rondslaap sy seksmaats as "verhoudingsmaats" beskou? Of liewer, sou die deursnee intelligente persoon besef dat die teks sy seksmaats bedoel wanneer dit "verhoudingsmaat" gebruik? Ek is geneig om 'n mate van intelligensie van my lesers te veronderstel, maar dis lastig om 'n oordeel te maak.

Ek is onseker of "verhoudingsmaat" is 'n goeie inval-vervanging van "seksmaat" is. Ek kom deesdae in alle tekste "seksmaat" te?.

Samuel

Join [email protected] to automatically receive all group messages.