¿ªÔÆÌåÓý

EM> AF : booster > skraagdosis?


 

Alweer ek!
Soos die gogga die w¨ºreld al meer aan die korthare beet het, moet ons byhou met die woorde ...
Baie mense het nou al die eerse dosis van die entstof teen Covi-19 ontvang en daar is selfs al 'n klompie wat die 2e dosis (= 'booster'/booster dose) ontvang het.
Ek kry:
aanjaagdosis:??booster dose.?(E.?boost?stoot van onder af; versterk; aanjaag)?¡ö Versterkingsdosis.?
en
onderskragingsdosis:?booster dose.?Dosis van 'n middel wat toegedien word om die effek van 'n vorige toediening te versterk of te verleng.
Ek het ook al versterkingsdosis in onlangse navorsingstudietekste te?gekom.

Ek ken ook uit my werksdae 'skraagdosis', maar kry dit nie presies so in Pharos of in HAT of ... nie
Ek kry wel as ek 'skraagdosis' google (skuus, ek doen dit dikwels om woorde te toets), maar in 'n hele paar oorspronklik Afrikaanse tekste - nie 'google translated' nie ¨C die term, maar dan in dieregesondheidskonteks.

Iemand uit Potch se Farmasie Dept het dit verlede week met my bespreek. Hulle ken ook die term 'skraagdosis' en verkies dit bo die ander bogenoemdes en sal graag die gebruik van 'skraagdosis' wil vestig.
Het julle enige beswaar om skraagdosis te gebruik en in ons TM's op te neem? Of is daar enige ander voorstelle?
Ek hoor graag.

Ann Hiemstra

Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
?????? Deo Gloria!

Join [email protected] to automatically receive all group messages.