¿ªÔÆÌåÓý

Re: Legalese


Helene van der Westhuizen
 

Dankie Samuel, jy's reg.

My monitor is groot - ook nog met ¡¯n VGA-kabel. ¡¯n Mens kry ¡¯n aansluitprop wat die VGA-kabel in ¡¯n USB kan inprop. Dit werk goed vir my. Ek werk van ¡¯n skootrekenaar af, en het nog nie gevind dat een van die drie of vier wat ek gehad het, nie die monitor kon lees nie.

Groete
Helene

-----Original Message-----
From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Leona Labuschagne
Sent: 08 July 2021 12:36
To: [email protected]
Subject: Re: [zalangmed] Legalese

Dankie, Samuel, jy's ¡¯n ster ¨C dankie vir die tyd om dit alles vir ons te tik. Ek gaan beslis ook liewer ¡¯n groter monitor koop ¨C ek identifiseer sterk met jou stelling oor jou geheue! Selfs van skerm na woordeboek val my pap op die grond ...
___________________________________________________________________
Leona Labuschagne, Translator | 083 302 2632 | SA GMT +2



-----Original Message-----
From: [email protected] On Behalf Of Samuel Murray
Sent: Thursday, 08 July 2021 09:24
To: [email protected]
Subject: Re: [zalangmed] Legalese

On 23/06/2021 11:45, Helene van der Westhuizen wrote:

Jy koop ¡¯n tweede skerm en plug hom in.

Jy extend die display in jou vertellings, maw die twee skerms word een
en jy beweeg vrylik met jou muis rond van die een na die ander. Indien
nodig, kan jy selfs ¡¯n document rek van die boonste na die onderste skerm.
Of jou rekenaar 'n tweede monitor kan hanteer, hang wel af van die rekenaar. En soms kan 'n rekenaar net ¨¦¨¦n groot monitor hanteer. My seun (wat baie bly was) het byvoorbeeld 'n tyd lank my nuwe 2K monitor gebruik omdat my vorige rekenaar nie die 2K monitor kon hanteer nie.

My huidige rekenaar het drie sokke vir skerms, naamlik 'n VGA-sok (waarby 'n mens stokou monitors kan inprop), 'n HDMI-sok en 'n DVI-sok.
Sommige nuwer rekenaars het nie meer 'n VGA-sok nie, maar dis handig om dit te h¨º want soms wil 'n mens tydelik 'n baie ou monitor inprop wat slegs 'n VGA-kabel het.

Soms is dit ook moontlik om een monitor aan 'n ander monitor te koppel.
Dan gebruik jy wel twee monitors maar jy gebruik net ¨¦¨¦n prop in die rekenaar. Dan is die vraag egter ook weer of jou rekenaar in staat is om beide monitors raak te sien.

In 90% van gevalle is dit egter soos Helene s¨º: jy koop 'n tweede monitor en prop hom in, en dan speel jy rond met die instellings: jy kan ¨®f dat albei monitors dieselfde inhoud wys ¨®f dat die tweede monitor as 't ware 'n verlenging van die ander monitor is (en jy kan vir die rekenaar s¨º watter skerm jou "hoofskerm" is en in watter rigting jy jou muis wil laat beweeg wanneer jy na die ander skerm gaan).

Ek het nooit net een document op my skerm nie ¨C dikwels drie op die
groot skerm, en Chrome op die klein skerm waar al my aanlynwoordeboeke
±ô¨º.
Ek het spesifiek 'n 2K monitor gekoop sodat ek twee Word-dokumente langs mekaar kon oop h¨º (met 'n hele bladsy op 'n slag sigbaar) en nog altyd die lettertjies kon lees. My geheue is nie goed genoeg om dokumente met mekaar op twee aparte monitors te vergelyk nie.

Ek het wel 'n programmetjie gebruik wat die teks van ikone en menus ietwat groter maak. Dit was ingebou in Windows tot Windows 8, maar in Windows 10 het gebruikers nie meer toegang tot die moontlikheid om die font en grootte van ikone en menus se teks te verander nie.



Samuel

Join [email protected] to automatically receive all group messages.