From:[email protected]On Behalf Of Ann Hiemstra Sent: Thursday, 06 February 2020 11:17 To:[email protected] Subject: Re: [zalangmed] Skryfwyse van tyd in SA English
?
Leona, jy's reg! Dit IS vm. en nm. Jammer, my fout. Dis in Engels wat dit a.m. en p.m. is.
Groete
Ann
?
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
?????? Deo Gloria!
?
?
On Thu, 6 Feb 2020 at 08:02, Leona Labuschagne <leona@...> wrote:
Ek dog dan dis vm. en nm. ¨C het ek iewers iets gemis? Of is albei aanvaarbaar? Genade, hulle maak dit moeilik om dit te memoriseer en aan te gaan na iets groters!
From:[email protected]On Behalf Of Ann Hiemstra Sent: Wednesday, 05 February 2020 22:54 To:[email protected] Subject: Re: [zalangmed] Skryfwyse van tyd in SA English
?
Dankie Samuel, vir die insiggewende inligting.
Daar is vir woordboere soos ons mos ook nog maar altyd die stryd tussen wat 'reg' is (wie dit ook al bepaal!) en dit wat die kli?nt wil h¨º. Daar is soms kli?nte wat spesifiek vra dat die v.m. en n.m. gebruik moet word.
En nou is dit slaaptyd!
z
Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
?????? Deo Gloria!
?
?
On Wed, 5 Feb 2020 at 09:34, Samuel Murray <samuelmurray@...> wrote:
On 04/02/2020 20:11, Ann Hiemstra wrote:
> Volgens ons AWS skryf ons in Afrikaans 6:00 (om 6 uur in die > oggend/v.m.) en 18:00 (om 6 uur in die aand/n.m.) aan te dui.
So is dit ook op skool by ons ingedril, dat "Afrikaans" altyd die 24-uur-notasie gebruik.
Maar dit is nie so nie.? In sommige lande gebruik mense daadwerlik die 24-uur-notasie selfs ook wanneer hulle praat, maar bittermin Afrikaans-sprekers praat van "sestienuur" as hulle "vieruur" bedoel? So, wat my betref is dit 'n puristiese mite.
Ek is nie eens oortuig dat alle Afrikaanse lesers gemaklik is met die 24-uur-notasie nie, en as jy dus 'n teks vertaal wat op laaggeskoolde lesers gemik is, dink ek jy doen die leser 'n onguns aan as jy nie ten minste ook die 12-uur-notasie gebruik nie.
> Vraag: Wat is die korrekte skryfwyse in SA Engels? Is dit noodwendig > dieselfde as in AF?
Ja, sover ek weet is die enigste rede hoekom "Afrikaans" die 24-uur-notasie gebruik nie weens spellingsredes nie maar om wetlike redes.
Die 24-uur-notasie is daar om dieselfde rede wat die SI-stelsel en desimale komma daar is.? Dis vanwe? 'n wet wat aandui hoe die regering se eie wetenskaplike tekste in Suid-Afrika geskryf moet word, en vanwe? mense wat dan dink dat daardie wet ook op alle ander aspekte van ons lewens van toepassing sou moet wees.