In 'n helder oomblik vanoggend het ek onthou wat ek in die verlede al gedoen het!:
1. Tik by search die enkel (opening) quote mark ' gevolg deur n - maar moenie 'n spasie daarna insit nie (anders verander dit in die outo-corrected 'n - soos julle s'n ook gestel is, Charl met die alt 0146n).
2. Korrigeer dan die foutiewe 'n in jou teks met jou regsklik spellchecker. Copy and paste dan daardie gekorrigeerde
?
in die 'replace' spasie. Maak net seker dat daar nie dubbelspasies ingesluip het nie - wat mens dan ook met find and replace regstel.
Dankie vir saamwerk deur die jaar en mooi wense vir julle in hierdie dae.
Ann Hiemstra
P.s. Wens nog steeds ons kan almal iewers bymekaar kom! Wanneer kom jy weer SA toe, Samuel? Dan doen ons so 'n ding.
On Fri, 13 Dec 2019 at 09:58, Charl Hattingh <charl@...> wrote:
Hier is my manier:
1. Vir waar ek self die dokument tik: ek het 'n autocorrect-inskrywing gemaak om 'n (met reguit aanhaling) met alt+0146n te vervang.
2. Waar daar bestaande verkeerde hinne is: doen find-replace, maar gaan eers na opsies en skakel "replace straight quotes with smart quotes" af (anders verander Word dit outomaties na die verkeerde een). As jy klaar is, kan jy weer die opsie terugverander.
(Sent from my phone, so please excuse typos and abbreviations.)
On 12 Dec 2019, at 21:43, Ann Hiemstra <hiemstra.ann@...> wrote:
Hallo almal,
Kan iemand help met hoe ek op 'n Word dok die foutiewe 'n ( wat soos 'n enkel 'closing quote' voor 'n n lyk ) met die n met die afkappingsteken vooraan (wat ons met alt 1460?+n verkry) op my 'find and replace' invoer, asb.
As ek regs klik op die foutiewe 'n, gee my spelchecker nie die opsie om dit te copy? - om in die 'find' lyntjie te plak nie , net hoe om dit reg te stel (maw, dui dit as 'n spelfout aan waarop ek net klik en word dit reggestel - maar dit neem te veel tyd in beslag om dit een vir een reg te maak. ).
As ek op 'find' die 'n intik, is dit reeds reg - omdat myne reeds so gestel is, en as ek in die replace lyntjie alt 1460+n intik spring dit gewoon na 'find' toe.
M.a.w. hoe kry ek die 'verkeerde 'n in find geplak en die korrekte 'n in 'replace' sodat ek net kan 'replace all' ?