¿ªÔÆÌåÓý

Re: EN> AF : 'probes' in vraelyste


 

Hi Samuel

Die "verder uitvra" in 'n kliniese onderhoud is gewoonlik vir die doelwit van "follow up", m.a.w. om meer inligting te kry oor 'n antwoord wat nie genoeg detail bevat om 'n behoorlike diagnostiese besluit te neem nie, en "clarification", m.a.w. waar daar teenstrydige inligting in die onderhoud aan die lig gekom het, en die klinikus moet die teenstrydige inligting oplos.

Dus, die effens uitbrei is nie terloops en vir interessantheid nie, maar om dieper in te gaan om inligting te kry wat noodsaaklik is vir 'n diagnose (in die voorbeeld van 'n diagnostiese onderhoud). Ek sou dit dus "indringend" noem.

Groete

-----Original Message-----
From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of
Samuel Murray
Sent: Monday, February 12, 2024 10:30 AM
To: [email protected]
Subject: Re: [zalangmed] EN> AF : 'probes' in vraelyste

On 09/02/2024 22:17, Samuel Murray wrote:

Vir my is 'n "probe" dikwels nie 'n indringende vraag nie, maar 'n
aanpor-vraag.
Skies, wat ek bedoel is dat die Engelse woord "probe" soms "prompt"
beteken of bedoel. In aanlyn artikels oor onderhoudsvoeringtegnieke
sien ek dikwels "probe" vir "verder uitvra", m.a.w. dis nie "indringend"
nie -- jy vra bloot vir die persoon om sy antwoord effens uit te brei deur
bv. te vra "kan u vir my 'n voorbeeld gee". Is dit wat julle bedoel met
"indringend"?

Samuel




Join [email protected] to automatically receive all group messages.