¿ªÔÆÌåÓý

Re: 'Collaboration with TransPerfect' - fooie?


 

Baie dankie Samuel, vir jou uitvoerige terugvoer!
Dit help regtig baie.
Aanvaar ons dat 'Post Editing' (die proses van die 'opruim' van die dikwels regtig swak masjienvertaling) dan as 'proeflees' beskou moet word - teen 'n soveel laer tarief?
Dis soms vir my makliker en vinniger om van nuuts af te vertaal as om die masjienvertaling eers te moet ontsyfer voordat ek dit kan regmaak.
Lyk my mens moet spesifiseer dat 'Post Editing' van MT's 'n tarief tussen TR en 'gewone' PR moet h¨º ¨C iets soos 4c (USD, n¨¨)?
Hoop julle kry nie al te koud daar in die Noorde nie.
(PS: As julle ooit die kans kry om Belgi? toe te gaan, maak 'n draai met jou gesin by CentreParcs in De Haan aan die weskus. Dis 'n ongelooflike vakansieoord! )
Groete
Ann
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
?????? Deo Gloria!


On Wed, 6 Dec 2023 at 13:52, Samuel Murray <samuelmurray@...> wrote:
On 06/12/2023 12:23, Ann Hiemstra wrote:

> Is daar van julle wat ook 'n e-pos van ene Giulia van TransPerfect gekry
> het oor 'collaboration with TP' waarin sy vra...

Ja, dis Giulia Dias da Cunha. Sy soek nuwe vertalers vir die
Kaapstad-kantoor.? Die Kaapstad-kantoor is berug daarvoor dat hy baie,
baie lae tariewe aanbied.? So, as jy vir die Kaapstad-kantoor wil werk,
sal jy laer tariewe moet aanvaar.

Die feit dat sy op soek is na nuwe vertalers vir Kaapstad is dalk 'n
teken daarvan dat die Kaapstad-kantoor nie meer vertalers wil gebruik
wat oorsese tariewe vra nie.? Dit kan dus ook 'n teken wees dat
vertalers wat tot nou toe nog vir Kaapstad gewerk het, binnekort gaan
moet meeding met vertalers wat baie laer tariewe hanteer.? Slegte nuus, dus.

Sedert TransPerfect met PEMT begin het (so 2-3 jaar gelede), bied hulle
dikwels 3c of 2c per woord vir PEMT, en 4c per woord vir vertaling, en
0.75c per woord vir proeflees, maar dit is vir my te laag.? Ek het nog
altyd met TransPerfect probeer om ten minste 8c of 9c per woord vir
vertaling te kry, maar met die nuwe PEMT-werk kry ek eenvoudig g¨¦¨¦n werk
as ek so hoog bied nie.

Ek het 'n paar keer sukses gehad as ek 5c per woord vir PEMT bie.? Dis
vreeslik laag, maar aan die ander kant is die vertalings oor die
algemeen nie moeilik nie, en 'n mens kan nog 'n klein winsie maak.

Ek doen meestal proefleeswerk vir TransPerfect, en as hulle nou 'n spul
nuwe onervare vertalers gaan begin gebruik wat nie weet hoe om MT op 'n
korrekte manier soos mensvertalings te laat klink nie, sal ek dalk
eendag m¨¦¨¦r vir proeflees moet begin vra.

Kyk, daar is twee taktieke: jy kan ¨®f ho?r insit en vra dat sy 'n
teenaanbod maak, of jy kan laag insit in die hoop dat jy dan dadelik die
voorkeurvertaler word.? Dit is ook die vraag of jy in ag moet neem dat
dit die Kaapstad-kantoor is... want dit beteken dat as jy te hoog
kwoteer, dan kan dit dalk gebeur dat hulle jou heeltemal van die lys afhaal.

Ek sal waarskynlik ho?r insit (8c per woord vir vertaling, 2c per woord
vir proeflees), en kyk of sy 'n teenaanbod maak.? My standaard tarief is
7c vir Egipte/Midde-Ooste, en 6c vir Indi? en China.? Vir TransPerfect
werk ek dikwels vir 1.5c per woord vir proeflees, maar hulle is 'n
uitsondering omdat die vertalers (waarvan sommige hier op die lys is)
nie droogmaak nie.

In haar e-pos s¨º sy spesifiek dat sy 'n tarief wil afspreek sodat daar
nie heen en weer geonderhandel word oor elke werkie nie -- ek dink hulle
kom agter dat geen vertalers hul tariewe wil betaal nie.? Ek kry ook die
indruk dat die PMs in Kaapstad onder baie druk is -- hulle reageer nie
baie vinnig nie, en hulle het min ruimte of gesag om te onderhandel.

Samuel






Join [email protected] to automatically receive all group messages.