¿ªÔÆÌåÓý

'Collaboration with TransPerfect' - fooie?


 

Hallo almal, (wat so stil/met vakansie?? is)

In aansluiting by ons vorige gesprekke oor fooie en skynbaar minder werk wat teen laer fooie beskikbaar raak:

Is daar van julle wat ook 'n e-pos van ene Giulia van TransPerfect gekry het oor 'collaboration with TP' waarin sy vra:? 'could you kindly confirm your rates in USD per word and per hour, for both translation and post-editing'.

Ons is nou al 'gewoond' daaraan dat TPT 'n fooi ('flat rate') vir 'n betrokke job aanbied - dikwels met tyd volgens hulle daaraan te bestee wat onrealisties is vir die werklike werk daaraan verbonde.

Gee julle om om my te laat weet wat julle fooie sou wees - ek wil nie 'oor-kwoteer' (met iemand meeding nie), maar ook nie myself in die voet skiet of in 'n hoek vas verf nie.
?
(Leona, jy het op 'n vorige geleentheid jou fooie aangestuur. Hou jy steeds daarby? )

Ek hoor baie graag van julle as/wanneer julle kans het
Groete :-)

Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
?????? Deo Gloria!

Join [email protected] to automatically receive all group messages.