On 13/10/2023 10:54, Ann Hiemstra wrote:
Ek het onlangs 'n TransPerfect-joppie gedoen waarin daar onder die 'intructions' 'n l¨ºer was waarin spesifieke 'client preferences' aangedui is. Julle het dit moontlk ook al te?gekom.
Hierdie betrokke ene het ek nog nie te?gekom nie. Sekere hiervan is vir my onaanvaarbaar, sekere daarvan is aanvaarbaar hoewel my eie voorkeur anders is, en sekere daarvan is dieselfde as my voorkeur.
1.
Re?l 7.12 van die AWS s¨º:
"Die SI-goedgekeurde simbool vir liter is ? kleinletter-l. Omdat die kleinletter-l in tik- en drukwerk met die syfer 1 verwar kan word, kan ? hoofletter-L of die simbool ? gebruik word."
Die aanlyn AWS gebruik sover ek kan sien deurgaans die simbool ?, wat myns insiens nie 'n baie algemene gebruik is nie.
Ek stem nie met die AWS saam dat "die SI-goedgekeurde simbool vir liter is ? kleinletter-l" nie. Die jongste weergawe van die SI-spesifikasies gee ewe veel voorkeur aan l en L. Die rede waarom kli?nte "mL" skryf is dus nie om die rede wat die AWS noem nie, maar omdat dit volgens die jongste weergawe van die SI-spesifikasie is.
"The litre and the symbol, lower-case l, were adopted by the CIPM in 1879 (PV, 1879, 41). The alternative symbol, capital L, was adopted by the 16th CGPM (1979, Resolution 6; CR, 101 and Metrologia, 1980, 16, 56-57) in order to avoid the risk of confusion between the letter l (el) and the numeral 1 (one)."
So, die "L" is amptelik. Bronne wat s¨º dat slegs die "l" amptelik is, gebruik nog die 1879-weergawe van die standaard. Dis een geval waarin die Taalkommissie-lede letterlik nog in die oude doos is.
2.
Die woord "voubiljet" is 'n leaflet slegs in die sin van 'n voubiljet. In Afrikaans gebruik ons die woord "voubiljet" byna uitsluitlik vir 'n package insert. Nie alle "leaflets" is voubiljette nie. Ek sou dit as 'n fout beskou as die vertaler skryf "pasi?ntinligtingsvoubiljet" en dis nie 'n stukkie papier wat in in boksie pas nie.
Terloops, TPT se saamgestelde reuse- kliniese woordelys s¨º dat "patient information sheet" 'n inligtingSTUK is en nie 'n inligtingsBLAD nie.
3.
Ek verstaan dat daar 'n verskil tussen klant en kli?nt is, maar heelwat mense beskou 'n klant as iets minder professioneels, en verkies dus kli?nt vir hul klante, so ek verstaan waar die kli?nt (!) vandaan kom.
4.
Ek deel nie jou oortuiging oor die verskil tussen "aanmeld" en "rapporteer" nie.
5.
Ek dink "tolvry" tussen hakies is piekfyn. Dis hoe ek dit ook sou gebruik het. Ek sou nie "tolvrye nommer" of "tolvrynommer" tussen hakies n¨¢ 'n tolvrye nommer gebruik nie.
Groete
Samuel