¿ªÔÆÌåÓý

Re: Is werk skaars?


 

Hallo Samuel
Hier by my is daar ook stiller dae en dan weer dae met baie werk om te doen. Ek doen ook glad nie masjienvertaling nie en is glad nie be?ndruk as ek die Post Edits of PR daarvan doen nie. Ons moet vir die PMs laat weet as MTs sleg gedoen is.? Ek het al hersiening van die POs gevra as ek baie meer as die veronderstelde tyd aan PR van 'n MT moes bestee - en dis toegestaan.
Groete

On Thu, 5 Oct 2023, 19:42 Charl Hattingh, <charl@...> wrote:
Hi Samuel

Verlede maand was die stilste wat ek nog gehad het. Meer as die gewone kom en gaan van die gety. Dit het my gelukkig tyd gegee om op datum te kom met my admin, maar dis kommerwekkend.

'n Groot kli?nt het n¨¢ 2 dekades gevra dat ek my tarief verlaag. Ek weet nie of dit net 'n junior PM was wat my nie ken nie of 'n maatskappywye aanpassing of 'n aanduiding van afwaartse druk op tariewe in die bedryf as geheel nie. (Ek het beleefd nee ges¨º en ges¨º hoekom. Dit was op 17/9 en ek het nog nie weer van hulle gehoor nie, nie eens ontvangsbevestiging nie.)

Ek dink die groot AI-verandering kom vinniger as wat baie mense gedink het.

Groete
Charl

> -----Original Message-----
> From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of
> Samuel Murray
> Sent: Thursday, October 5, 2023 6:04 PM
> To: [email protected]
> Subject: [zalangmed] Is werk skaars?
>
> Hallo kollegas
>
> Dit lyk vir my of my mediese werk opgedroog het -- het julle ook 'n
> droogte?
>
> Een van my groot klante (TPT) het heelwat masjienvertaling begin
> gebruik, en hulle betaal baie sleg vir masjienvertaling -- dikwels 3c per
> woord of minder.
>
> Groete
> Samuel
>
>
>
>







Join [email protected] to automatically receive all group messages.