Aanstuur is m.i. forward(ing), wat iets heel anders is.
?
Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer besef ek dat ¡°push messaging¡± of ¡°push notification¡± niks nuuts is nie.
Dis dieselfe as ¡¯n opskietkieslys, wat jy kry as ¡¯n gegewe sleuteldruk vir jou inlig dat jy uit ¡¯n aantal opsies kan kies (soos belyning links of regs of gesentreerd, ens.)
?
Dit gaan net een stap verder: ¡¯n push message kry jy vanself, sonder om daarna te vra.
Dis dus amper dieselfde as gemorspos en hengelboodskappe (phishing), wat nou wel deur iemand geskep word, maar rekenaarmatig versprei word.
Albei is voorbeelde van ongevraagde pos.
?
Die verskillende tipes boodskappe word deeglik bespreek by?.
Daaruit blyk dat daar nie altyd bose bedoelings daaragter skuil nie; bemarking is ¡¯n baie algemener oorgmerk.
Dis ook so dat mens in sommige gevalle kan kies of jy sulke boodskappe (bv. van Spar of Woolies) wil sien of nie.
Soms is hulle ook wenslik: in sommige van die nuutste motors kry jy outomaties boodskappe oor jou voertuigstatus, soos dat jy hom na xxx km moet diens, voorgestelde datum (wat jy kan verander), of die handelaar jou kar moet kom haal en al sulke goete.
En jou selfoon sal jou laat weet hy¡¯s op die punt om kragteloos en ontaard te raak.?
But mostly they want to?push?you into buying or donating or to take some action or other, while you don¡¯t want to be pushed at all.
?
Goed wat onverwags op jou skerm verskyn word in Engels ook as ¡°pop-ups¡± beskryf word, ¡®cause they pop up, waarvoor ons al opskietlys het; aangesien ons egter nou nie hier met lyste te doen het nie, kan ons dit bloot ¡°opskieters¡± noem. Dis dan ¡¯n lekker generiese term.
?
Ek dink ¡¯n WhatsApp-groep is ¡¯n goeie idee. Maar vir my is my selfoon ¡¯n seker nodige, maar ergerlike inbreuk op my privaatheid wat ek gedurig moet onthou om te laai. En ek moet gedurig my kleinkinders vra om te verduidelik hoe om hierdie ewig onbegryplike wese dit te laat doen of dat nie te doen nie.
?
?
Tony, ek het al ¡¯n voorstel van ¡°aanstuurkennisgewing¡± gehoor vir ¡°push notification¡±.
Ek behoort aan ¡¯n WhatsApp-groep van Afrikaanse taalpraktisyns; wil jy dalk by ons aansluit? Anne Marais is die administreerder daarvan.
?
Kind regards/ Vriendelike groete
?
On 28 Jun 2024, at 08:39, Tony Moen via
??<
transed@...> wrote:
?
¡°Push technology, also known as server Push, refers to a communication method where the communication is initiated by a server rather than a client. This approach is different from the "pull" method where the communication is initiated by a client.¡±
¡°Examples of?push notifications?include app updates, breaking news alerts, sports scores, weather updates, social media notifications, and promotional offers...¡±
Bestaan daar al ¡¯n Afrikaanse term hiervoor? Of sal ¡°outomatiese kennisgewing¡± werk?
?