On 23/08/2022 09:07, Tony Moen wrote:
Niewinsgewende organisasie word los geskryf. Wat is egter die korrekte skrywyse by samestellings hiermee?
Ek gebruik "niewinsorganisasie" -- dis korter en akkurater.
NGO's is nie "niewinsgewend" nie maar "niewinssoekend". 'n Gewone maatskappy kan ook niewinsgewend wees as hy sleg bestuur word en geen wins maak nie.
Dus, ek sou skryf, niewinsorganisasie-afslag.
Afslag toegestaan aan WGO¡¯s: Niewinsgewende-organisasie-afslag of niewinsgewendeorganisasie-afslag?
Korting toegestaan aan WGO¡¯s: Niewinsgewende-organisasiekorting of niewinsgewendeorganisasie-afslag?
Ek weet nie hoe algemeen is die woord "korting" in Afrikaans nie.
As jy "niewinsgewend" wil gebruik, dan sou ek skryf "niewinsgewendeorganisasie-afslag".
Ek het die spelling ¡°niewinsgewende organisasie- afslag¡± voor my, maar sien geen rede vir die afstandkoppelteken nie.
Nee, daar is geen rede vir 'n afstandskoppelteken hier nie.
Die koppelteken in niewinsgewende-organisasiekorting lyk ook nie vir my noodsaaklik nie...
By lang woorde verkies ek om die koppelteken te gebruik om beter te kommunikeer en nie soseer om die woord mooier te laat lyk nie. Ek sou dus die koppelteken direk voor "afslag" skryf en nie op 'n ander plek nie.
En ek laat gewoonlik die koppelteken by eo weg.
Samuel