In 'n geval soos die is transliterasie soms 'n uitweg, soos 'selfkonstruerend'. As mens die vakgebied nie goed ken nie kan jy klei trap as jy te verklarend probeer wees.
toggle quoted message
Show quoted text
On Fri, 08 Apr 2022, 18:25 Anne Marais, <
annemrs6@...> wrote:
Hi Therina,
Ek weet nie of dit kan help nie, maar ek weet daar is iets soos persoonlike konstrukteorie. Wat dan van persoonlike konstruk? Ek weet nie, ek probeer maar.
Groete,
Anne
Hallo almal
Ek is tans besig om 'n filosofie vraestel oor kulturele waardes na Afrikaans te vertaal en die volgende term potjie my:?"self-construal". Wat kan dit in Afrikaans wees? Pharos lewer niks op nie, maar volgens Google is "self-construal"?how individuals view themselves at a fundamental level; whether they view themselves as primarily separate from or integrally connected to others. In Afrikaans dan "selfpersepsie"? Maar daar is reeds 'n ander term in Engels naamlik "self-perception".?
Ek hoor graag van julle.
By voorbaat dankie
Therina van der Westhuizen