开云体育

Terme EN>AF, spelling

Hallo almal

Jammer vir pla op 'n Sondag.

Iemand het nie dalk 'n benul wat om te maak met "neuroleptic malignant-like syndrome" te maak nie?

MAO-A-inhibeerder? - reg gespel?

? Produknaam HBS- (stadige vrystelling-)kapsules - reg gespel?

Praat mens van ongebruikte medikasie wat weggegooi of vernietig word deur die apteek (dispose of) of iets anders?

Vreeslik dankie by voorbaat!

Hallo Salomé,
Ek antwoord op jou e-possie hier onder.
Groete

AH: neuroleptiese pseudomaligne sindrooom (soos bv. ook Die pseudomaligne Gallengangsstenose

MAO-A-inhibeerder? - reg gespel?
AH: Ek sou dit 'MAO-A-inhibitor ' skryf (viz Pharos woordeboeke: inhibitor:* inhibitor. (L. inhibeo terughou; stuit) 1. Enige substansie wat 'n chemiese reaksie, groei of ander biologiese proses rem of stopsit. 2. 'n Chemiese verbinding wat terapeuties aangewend word om 'n ensiemreaksie te onderdruk.)

AH: ek sou dit HBS (stadige vrystelling)-kapsules' skryf. Ek vermoed ander sal dit 'HBS- (stadige vrystelling) kapsules' skryf???

AH: Die term wat in die afval-/vullisverwyderingsbedryf (waste management) gebruik word vir 'dispose' in hierdie konteks is 'wegdoen'. Mediese afval kan nie net 'weggegooi' word nie - daar is verskeie prosesse wat vir verskillende produkte gebruik word o.a. verbranding of fluorisering of wegdoening in 'n wetlik voorgeskrewe mediese afval stortingsterrein.

Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
?????? Deo Gloria!

On Sun, 15 Mar 2020 at 14:00, Salomé Smith <salome@...> wrote:

Vreeslik baie dankie, Ann! Ek kan altyd op jou staatmaak en waardeer dit so baie!

On Sun, Mar 15, 2020 at 2:47 PM Ann Hiemstra <hiemstra.ann@...> wrote:

On 3/15/2020 1:45 PM, Ann Hiemstra wrote:

Produknaam HBS- (stadige vrystelling-)kapsules - reg gespel?
AH: ek sou dit HBS (stadige vrystelling)-kapsules' skryf. Ek vermoed ander sal dit 'HBS- (stadige vrystelling) kapsules' skryf??
Ek is een van die skuldiges wat dit "HBS- (stadige vrystelling) kapsules" sou skryf.

Die twee voorbeelde in die 2017-AWS is:
sout- (NaCl-)oplossing
Taalkommissie- (TK-)korpus

Dus neem ek aan die AWS-spelwyse sou wees:
HBS- (stadigevrystelling-)kapsules

Die "HBS" staan eintlik vir "hydrodynamically balanced system", en dit is wel op 'n manier 'n soort stadigevrystelling-stelsel. HBS is egter nie 'n afkorting vir of 'n sinoniem vir "stadige vrystelling" nie.

Die AWS gee ongelukkig geen voorbeelde waarin die teks tussen hakies 'n verklaring van dit wat voor die hakies is en nie bloot 'n sinoniem of afkorting vir dit wat voor die hakies is nie. Maar my raaiskoot sou nog altyd "HBS- (stadigevrystelling-)kapsules" wees.

Samuel