On 13/11/2021 10:40, Arina Wilson wrote:
Maar met ¡¯n BT doen jy presies dit, jy vertaal terug ¨C presies wat daar staan.
Vir die meeste van my BT-kli?nte werk dit inderdaad so: jou vertaling moet presies s¨º wat die bronteks s¨º (met bepaalde buigsaamheid, uiteraard... "geneesheer" is "doctor", nie "healing lord" nie).
Soms is dit egter moeilik om te weet waar om die streep te trek: is "verpleegster" nou "nurse" of "female nurse"? En is "verpleegkundige" nou "nurse" of "nursing specialist"?
En oor die algemeen vertaal ek dan "medikasie" as "medication" en "medisyne" as "medicine" (hoewel dit eintlik maar sinonieme is). Maar s¨º nou maar die vertaler is een wat meen dat "medisyne" nooit 'n meervoud het nie, en die konteks maak dit duidelik dat dit om "medicines" gaan... vertaal 'n mens dit dan as "medicine" of "medicines"?
En "proefpersoon" is ook 'n dilemma: is dit nou "subject" of "trial person"? En "geneesmiddel" -- "healing substance" of "medicine"?
En natuurlik moet 'n BT nog altyd grammatikaal korrekte taal wees, wat soms moeilik kan wees om te doen.
Ek het egter een of twee BT-kli?nte waarin die kli?nt juis 'n soort BT verkies wat lees soos 'n normale bronteks, en waar die kli?nt glad nie omgee as die BT-vertaler baie losserig vertaal nie. As ek dan die BT proefleser van so 'n kli?nt is, dan kyk ek baie buigsaam na die BT-vertaling en maak dit nie so nougeset reg as by die meeste van my ander BT-kli?nte nie.
In jou geval, egter: as die FT s¨º "deelnemer", vertaal dit as "participant", en as die FT s¨º "proefpersoon", vertaal as "trial person" of "subject".
Samuel