¿ªÔÆÌåÓý

Re: Inspannings angina pectoris


 

¿ªÔÆÌåÓý

'Oefening-ge?nduseerde angina pectoris' is 'n baie oulike uitweg. Dit klink en lyk goed!

Kan mens dan dalk ook die "oefening" soms vervang met Samuel se inspanning sonder die "s", om dit dan "inspanning-ge?nduseerde angina pectoris" te maak? Dit sal dan seker ook die "seks-ge?nduseerde hartaanval" omvat.

Hierdie bespreking het baie gehelp - dankie!


On 11/1/2021 2:31 AM, Ann Hiemstra wrote:

More-s¨º almal,
Die bespreking oor hierdie verbindings-s was vir my baie leersaam, dankie, maar nou gaan ek ons ou appelkarretjie wat hierdie? 'exercise-induced angina pectoris' betref,? heeltemal omkeer.
Ek het aan die begin net te gou 'Ja Charl'? geantwoord op ¡°inspannings angina pectoris¡± My fout,? jammer!
Ons gekou hieraan het my weer goed laat nadink. Die medies tegniese term (and to mirror source) is 'oefening-ge?nduseerde angina pectoris' (soos daar ook? oefening-ge?nduseerde asma is) . 'Inspanning-ge?nduseerde angina pectoris' sou dieselfde beteken en waarskynlik, die bronteks se 'exercise' ten spyt, eintlik die korrekte term wees.
Volgende vraag: Is dit 'medies tegniese' of 'medies-tegniese'? Hier gaat ons weer...

Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
?????? Deo Gloria!


On Sun, 31 Oct 2021 at 23:11, Frieda van Antwerpen <fclantwerpen@...> wrote:

Baie dankie, Samuel.

Mens kan seker ook maar die ou plan maak en 'n omskrywing gebruik wat omslagtig is en nie is soos wat mens werklik praat nie, maar wat mens darem wel kan skryf - "angina pectoris wat deur inspanning aangebring word"?

Die volgende artikel is stokoud en die AWS het aanbeweeg, maar dit bekragtig wat jy noem oor die koppelteken wat by voorkeur nie na die verbindingsklank-s moet kom nie:?

Nogmaals baie dankie.

Frieda

On 10/31/2021 8:06 AM, Samuel Murray wrote:
On 30/10/2021 19:44, Frieda van Antwerpen wrote:

Mens hou niks van 'n verbindings-s wat net aan een van die woorde in 'n samestelling vas is nie...

Ek is nie seker wat jy bedoel nie...?

Is dit dan "inspannings-angina pectoris" of "inspannings-angina-pectoris"?

Ja, dis moelik, want dit word deur die AWS ge?mpliseer dat 'n mens nie 'n verbinding-s voor 'n koppelteken mag skryf nie, maar "inspanningsangina pectoris" lyk baie, baie vreemd.

Tog is die vorm met die "s" juis hoe ek dit mees natuurlik sou uitspreek.? Ek sou nie "inspanning-angina pectoris" s¨º as ek dit hardrop uitspreek nie, maar dit is tog die spelwyse wat die minste probleme oplewer.? Ek het al lankal verlief geneem met die feit dat 'n mens in Afrikaans soms juis NIE skryf soos jy praat nie.

Ek skryf byvoorbeeld "verbinding-s" maar as ek praat, dan s¨º ek "verbindings-s".? Die AWS s¨¦lf omseil die probleem deur te praat van 'n "verbindingsklank '-s'", maar dit is dan presies dieselfde taktiek: hulle skryf doelbewus iets anders as wat 'n mens normaalweg praat omdat dit wat 'n mens praat, te moeilik is om eenvoudig te skryf.

My eie aanpak is maar om die verbinding-s weg te laat wanneer ek so iets skryf.? Dit wyk dan wel af van die uitspraak, maar dit lei tot 'n teks wat vir die leser die mees verstaanbare is.

Samuel






Join [email protected] to automatically receive all group messages.