On 12/02/2020 09:14, Ann Hiemstra wrote:
Dis nou seker hare kloof, maar dit hinder my.
Nee, ek kan dink dat dit jou kan hinder as 'n ander vertaler 'n ander mening het en dit op jou werk toepas sonder enige verdere verklaring.
Ek verkies "U/u kind" en "Meneer/mevrou Smit", maar die argument dat "U kind" en "Mevrou Smit" die begin van die sin is, is nie ongeldig of onlogies nie.
Wat maak jy in Engels...
- after you/your child come to the site
- after you/your child comes to the site
- after you/your child come/comes to the site
- after you/your child come(s) to the site
Vir my is "hy/sy" en "u/u kind" bloot 'n verkorte manier om "hy of sy" en "u of u kind" te skryf. Daarom beskou ek die "sy" en die "u kind" nie as die begin van die sin nie.
Terloops, hoe lees jy so 'n sin hardop? Lees jy "u [effense pouse] u kind" en "hy [effense pouse] sy" of lees jy "u of u kind" en "hy of sy"? Ek persoonlik lees dit met die pouse wanneer ek dit vir myself lees, maar met "of" wanneer ek dit hardop vir iemand anders voorlees.
As die sin met 'U kind' begin het, sou dit tog met 'n hoofletter begin?
Ja, 'n mens sou kon s¨º die logika van daardie argument is dat die sin nie met "u of u kind" begin nie, maar dat daar in werlikheid twee sinne is -- een wat met "u" begin en een wat met "u kind" begin. Of, dat daar slegs een sin is, maar die sin kry eers sy finale vorm sodra hy gelees word. Dit klink alles ewe geldig, en so geldig as die ander argument.
Samuel