From:[email protected]On Behalf Of Ann Hiemstra Sent: Friday, 26 March 2021 21:12 To:[email protected] Subject: [zalangmed] Zalangmed se wie's wie?
?
Hallo Almal!
So met die dankies vir Samuel se woordelyste saam, het daar 'n paar name van mense uitgespring wat ek nog nie 'ken' nie, en 'n paar van mense wat ek goed ken, maar nie geweet het op die groep is nie (Hallo Wilna :-) !)
?
Wonder ek toe so by my selwers: kan Zanlangmedders nie ook 'n keertjie 'n Zoomvergadering hou (ons is immers nou al 'n jaar in HIERDIE DING) en ons mekaar te sien kan kry en net hoor waar slaap almal as hulle by hulle huise is (en nie so in die cyber rondswerf nie) en wie van katte hou en wie van honde, en-so-voorts ?
Ek nomineer vir Samuel as die Zoommaster. Julle? S¨º net wanneer.
Andersins dalk net 'n lys met almal se name en waar hulle hulself op Moeder Aarde bevind?