> Is "gastriese weerstand tablette" die regte vertaling vir
> gastro-resistant tablets?
Nee, "gastriese weerstand tablette" bevat beide 'n spelfout en 'n
betekenisfout.
Ek sou dit vertaal as maagweerstandige tablette (die medisyne word nie
in die maag afgebreek nie maar beweeg ongeskonde deur na die derm).
//Gastro resistant tablet simply means that the drug is resistant to
being broken down in the gastric system. Some medicines need to be
absorbed in the intestines rather than the stomach, so they are given an
enteric coating to help resist breakdown from stomach acid.//
As jy "gastries" wil gebruik, sou ek skryf "gastries weerstandige
tablette".
As ek jou vertaler se vertaling probeer volg en net die spelling
regmaak, dan is dit "gastrieseweerstand-tablette".? Dis egter 'n vreemde
vertaling, want die tablette verleen nie gastriese weerstand nie.