¿ªÔÆÌåÓý

Re: EN> AF : bowel movements and stools


 

Ann, jy moet maar jou mening oor my mening gee :-)

Ek is bewus daarvan dat "opelyf" 'n erkende woord in Afrikaans is, maar dit is wat my betref 'n eufemisme wat nie alom bekend is nie. Ek is ook bewus dat opelyf nie diarree beteken nie, maar vir iemand wat nie met die term bekend is nie, en moet raai, dink ek dat die persoon eerder gaan dink dit beteken diarree. Ek weet dat "opelyf" 'n term is wat baie in die mediese beroep gebruik word.

Ongelukkig werk dit met fesesverwante sake egter so dat eufemismes dikwels gebruik word, en/of dat woorde wat vir ¨¦¨¦n ou neutraal klink vir 'n ander ou aanstootlik klink. 'n Mens kan soms nie wen nie.

S¨¦lf vertaal ek stool as stoelgang en bowel movement as ontlasting (en die werkwoord, om te ontlas). As die leser 'n klein kind is, gebruik ek soms "poefie" in hakies. Ek het ook al "feses" te?gekom, maar dit is wat my betref ook 'n taamlik wetenskapagtige woord wat dalk nie aan die deursneeleser bekend sou wees nie.

Vir my kan "ontlasting" na beide die produk en die proses verwys, en die konteks maak dit duidelik, bv. hoeveel keer het jy ontlasting gehad vs. hoeveel keer het jy ontlas vs. skep 'n bietjie van die ontlasting op.

Ek het dit al te?gekom dat die Engelse teks stools en bowel movements met mekaar verwar (bv. bowel movement gebruik vir die produk in plaas van die proses), of dat die Engelse teks dit baie moeilik maak om die woorde letterlik te vertaal.

Ek het geen probleem met "stoelgangtelling" nie, maar dit hang seker ook af of die betrokke Engelse teks duidelik is. Ek saam dat "stoelgang-telling" potensieel verwarrend kan wees vir iemand wat dink dat elke individuele stuk feses 'n aparte stoelgang is. Maar sou die Engelse leser dan nie ook hiermee sukkel as die teks onduidelik is nie?

You should count this as a single bowel movement = Jy moet dit tel as ¨¦¨¦n ontlasting. --> geen verwarring nie, selfs al dink die leser "ontlasting" is die produk en nie die proses nie.

Samuel

==

On 23/04/2020 12:50, Ann Hiemstra wrote:
Hallo Almal!
Ek is seker 'n hele par van ons? werk nou en dan aan teks wat handel oor ulseratiewe kolitis of Crohn se siekte en dan knoop ons vas met 'bowel movements' en 'stools'.
In AF kry ek:
*_'o_pelyf*evacuation/(of the bowels)//
iets gee iem. ~/s.t. opens s.o.'s bowels;/
iem. het ~ gehad/*a*s.o.'s bowels have moved,s.o. has had a bowel movement*b*(/or/ a motion)'
waar dit vir my lyk dat? 'om opelyf te h¨º' ( 'bowel movement') die PROSES/'gebeutertenis is waardeur ontlasting/stoelgang ('stools')? (die PRODUK) geproduseer word.
Maar nou kry ek ook:
*_'bowel_ action*,*_bowel_ movement*_ontlasting_,opelyf'
waar 'ontlasting' ook die 'proses' blyk te wees, maar in die volksmond duidelik die 'produk' is
Ek vertaal 'bowel movement'? as 'opelyf h¨º/opelyf ' en 'stool(s)' as 'stoelgang' (nie 'stoelgange' as meervoud nie).
Maar nou: In die Engelse tekste word soms verwys na 'the number of bowel movements' en sommer in dieselfde teks ook as 'the number of stools/_stool count_'? en hier l¨º die knoop.
Ons kan tog nie praat van die 'getal opelywe nie' - ek het dit al te?gekom! . Daar gebruik ek 'Die getal kere wat die persoon opelyf gehad het' (wat lomp is, maar hoe anders?)
Ons kan ook nie praat van die 'getal ontlastings' nie.
Dan is 'n mens in die versoeking om gewoon 'stoelgangtelling' vir 'stool count' te gebruik. Maar wat is jy dan aan die tel? die hopies/bolletjies?
Watter raad het julle met hierdie (shitty, skuus!) probleem?
Of moet ons vir die client s¨º 'a bowel movement' is not the same as a stool' en 'ontlasting' heeltemal uit die prentjie laat.
Julle menings?
Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
Skype: annhiemstra
/?????? Deo Gloria!/

Join [email protected] to automatically receive all group messages.