From:[email protected] <[email protected]> On Behalf Of Ann Hiemstra Sent: Tuesday, June 6, 2023 9:53 PM To:[email protected] Subject: [zalangmed] to prepare and to perform the study drug injections : Berei of voorberei?
?
Hallo almal - wat SO stil (in die donker) is??
Ek het sonder om regtig mooi daaraan te dink, nog altyd 'prepare the injection' met 'berei die inspuiting voor' vertaal totdat ek 'n dag of drie gelede 'n stuk geproeflees het waar die vertaler net 'berei die inspuiting' gebruik het, en dit my nou laat twyfel.
?
?Sou 'berei' nie net van toepassing wees as die apteker bv. 'n proses uitvoer waartydens sekere bestanddele/elemente van die voorskrif/middel bymekaargevoeg en gemeng word, ens. nie. En die reeds klaar bereide inspuiting wat in die verpakking gereed l¨º, dan vir inspuiting 'voorberei' word nie (die naalddoppie word afgetrek die borreltjies word uitgespuit, ens. ) Klink vir my al meer na laasgenoemde.