Hallo almal
So, ek doen op di¨¦ oomblik 'n vertaling in XTM.
Daar is fuzzy matches, en wat ek toe doen is om eers al die fuzzy matches te kontroleer en te redigeer, en daarna vertaal ek die orige segmente.
My instellings was (a) om nie 'n segment outomaties te bevestig sodra ek die segment verlaat nie (m.a.w. ek moet handmatig Alt+; druk om die segment as "confirmed" te laat merk) en (b) identiese segmente moet NIE outovertaal word sodra die eerste voorbeeld van 'n segment bevestig word nie.
My logika s¨º dus vir my dat wanneer ek 'n segment redigeer en dan "confirm", dan (a) word my redigering ni¨¦ op identiese segmente toegepas nie ¨¦n (b) identiese segmente word ni¨¦ as "confirmed" gemerk nie... omdat ek die herhalende segmente nog nie bekyk/besoek/bevestig het nie.
So ver maak alles sin. Of nie.......
Gelukkig kontroleer ek my XTM-vertalings in MS Word met Wordfast Classic, en dis toe dat ek agterkom: segmente wat "repetitions" is, word WEL as "confirmed" gemerk ten spyte van die feit dat ek die herhalende segmente ni¨¦ s¨¦lf besoek het en ni¨¦ s¨¦lf bevestig het nie en my instellings s¨º dat herhalende segmente nie outomaties bygewerk moet word nie.
(Dus, XTM se instelling om nie herhalende segmente outomaties by te werk nie, geld dus vir die INHOUD van die segment maar nie vir die STATUS van die segment nie. XTM werk die status by wanneer dit 'n herhalende segment is, ongeag of die opvolgende segment geredigeer is.)
Gelukkig was daar in di¨¦ werkie maar iets soos 20 herhalinge, maar ek moes toe elke herhaling handmatig gaan soek (met gebruik van 'n filter, elke keer) en die herhalings een vir een bywerk, ten spyte daarvan dat di¨¦ ongeredigeerde herhalings deur XTM as "confirmed" gemerk is. XTM het segmente as "confirmed" gemerk wat ek ni¨¦ geredigeer/gekorrigeer het nie, EN my instellings het tog duidelik ges¨º dat outo-vertaling AF is.
Hierdie fout wat my oorgekom het, is presies die fout wat ek te?kom by die werk van ander vertalers (wanneer ek die proefleser is). En ek was nie agtelosig nie -- dit is bloot 'n manier waarop XTM werk wat nie logies sin maak nie en waarvan ek maar *toevallig* uitgevind het.
Samuel