Het iemand dalk ondervinding met die vertaalprogram XTM?
'n Vertaalagentskap het vir my 'n proefleesprojek aangebied waar hierdie program gebruik word. Maar.
Dit lyk asof hulle wil betaal op grond van die geweegde woordtelling wat aan die vertaler gegee is (omtrent 13 000 woorde). Die werklike woordtelling is omtrent 20 000 woorde, as ek die program reg verstaan.?
Ek gaan tog 20 000 woorde moet proeflees? Al hoef 'n vertaler net klein veranderinge te maak vir 'n segment met 'n 97%-pasmaat is, kan ek ni¨¦ net 3% van die segment proeflees nie, ek moet ¨¢lles lees.
Verstaan ek reg? En indien wel, is dit 'n aanvaarde praktyk om betaling vir slegs die geweegde woordtelling te aanvaar, al is die werklike woordtelling wat gelees moet word heelwat meer?