¿ªÔÆÌåÓý

Re: EN>AF : Tap the button : Tik op die knoppie


 

Ah, Samuel,
Ek moes bygevoeg het dat my betoog gaan oor 'tik op' elektroniese handtoestelle.
Waar daar op 'n rekenaarskerm met 'n muis gewerk word, sal die EN 'click the ... button' en die AF dan 'klik op die knoppie' wees.
Vir my is daar tog 'n verskil tussen 'druk' ('press') wat 'sterker' is en langer duur - al is dit momenteel -? as 'tik op'.
Groetnis
Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
?????? Deo Gloria!


On Mon, 13 Feb 2023 at 13:36, Samuel Murray <samuelmurray@...> wrote:
On 13/02/2023 11:33, Ann Hiemstra wrote:

> Het iemand beswaar of 'n ander mening?

My enigste beswaar teen "tik" is/was dat dit verwar kan word met "type",
maar "tik op" is 99% ondubbelsinnig, so ek het geen beswaar om van
"druk" af oor te stap na "tik op" nie.

Wat betekenis betref: vir my beteken "druk" en "tik op" dieselfde -- die
feit dat jy liggies met jou vingerpunt aan iets moet raak, en nie hard
nie, is nie vir my anders as "druk" nie.

Nog 'n klein beswaar teen "tik op" is dat "tik op" eintlik slegs gepas
is vir toestelle met 'n aanraakskerm.? As jy met jou muis op 'n knop
klik op 'n skerm, dan voel "tik op" vir my 'n bietjie vreemd (maar nie
besonders vreemd nie).? Aan die ander kant is mobiele toestelle deesdae
so algemeen dat selfs ouer mense wat nog gewone rekenaars gebruik,
waarskynlik nie te verward sal wees met "tik op" nie.

Samuel





Join [email protected] to automatically receive all group messages.