In die konteks van “peaceful coexistence” sou ek sê: vreedsame naasbestaan. Het dit al ’n paar keer gesien.
Hulle kan natuurlik ook (relatief) vreedsaam (met mekaar) saamleef.
?
Dit val my weereens op hoe woorde nes verkleurmannetjies is – hulle neem die kleur van hul omgewing aan.
So is naasbestaandes nie mense en diere wat terseldertyd in dieselfde ruimte leef nie, en gaan mense en diere wat in harmonie saamleef nie noodwendig onderling met mekaar akkoord gaan nie (‘skuus, kon die woordespel nie weerstaan nie) of dat diere naasbestaandes is nie, of dat die omstandigheid dat diere en mense met mekaar moet kan saamleef beteken dat diere as deel van die samelewing gereken moet word nie.
?
Al gedra party mense hulle soos varke en al is dit ’n belediging vir die slang om met sekere mense vergelyk te word.
Kan julle my miskien help met 'n beter vertaling vir die woord "coexistence" in Afrikaans? Spesifiek in die konteks van harmonie/saambestaan/naasbestaan/samehorigheid? tussen die mens en wilde diere. Nie een van hierdie woorde dra vir my heeltemal die betekenis van die Engels nie. Dit is in 'n boekie wat gemik is om boere raad te gee vir konflik met wilde diere, so verkieslik nie te ho? akademiese taal nie.