Hallo kollegas
Ek vertaal 'n dokument waarin 'n beleid uiteengesit word, maar by die beleid is 'n brief met die titel, Common understanding on the safety protocol.?
Ek het die kli?nt gebel, en bevestig dat "Common" hier gedeelde beteken. Maar nou wonder ek of 'n mens dit 'n Algemene verstandhouding maak, omdat verstandhouding reeds impliseer dat mense saamstem, en of 'n mens dit iets soos 'n Gemeenskaplike verstandhouding maak, maar dit klink vir my verkeerd omdat verstandhouding reeds impliseer dat ons saamstem. Dit voel vir my of daar 'n term hiervoor in Afrikaans is waarby ek net nie kan uitkom nie.
Enige hulp word waardeer! Dis een van daardie dae dat niks reg klink nie!
Groete
Anita