¿ªÔÆÌåÓý

ctrl + shift + ? for shortcuts
© 2025 Groups.io

Re: IT-terme


 

Ek het by Sophia Kapp kers opgesteek oor die -s- al dan nie:?

Dit gaan oor uitspraak. Dis hoekom ons skryf *verbindings-s*, al staan daar in die AWS jy gebruik nie 'n koppelteken n¨¢ 'n verbindingsklank nie.


On Mon, 12 Sep 2022, 16:55 Minette Visagie via , <minetta.visagie=[email protected]> wrote:
Dankie vir interessante notas, Samuel en Tony.?

Gasmens/gaspersoon klink vir my te veel na die een wat my gasvoorraad moet hanteer!?

On Mon, 12 Sep 2022, 16:38 Tony Moen, <transed@...> wrote:

Dankie vir al die stuiwers!

?

Dit is interessant dat hulle verskillende kleure het.

?

Wat herstel en terugstel betref: Mens sou kon s¨º ¡±herstel¡± beteken heelmaak. Maar ¡¯n wagwoord is nie herstelbaar nie. As hy nie werk nie, gooi jy hom weg. Wat jy eintlik doen is: kies ¡¯n nuwe wagwoord.

(Dit help om te onthou mens vertaal idees/gedagtes, nie (net) woorden nie.)

Aan die ander kant doen die reset-knoppie in ¡¯n rekenaar presies wat die WAV s¨º. Maak jou gemors (onwettige bevel, bevrore skerm¡­) ongedaan deur die van voor af te begin met die oorspronklike stellings.

En om gou nog Sam se stuiwer te erken, wat nou net aangekom het: Ek ken terugstel net vanuit die masjineringsbedryf. Op ¡¯n freesbank (ou modelle, nie CNC/CAD0 nie) kan jy die dwarsslee met die beitel in heen en weer skuif vir verskillende bewerkings, en terugstel beteken jy skuif die slee terug na die beginpunt (zeroing).

Maar mens kan dit wel vir ¡°nuwe wagwoord¡± oorweeg. Prewel dit net lank genoeg.

?

Wat die verbindings-s betref: lyk asof hy op ¡¯n uitgerekte siekbed l¨º. Toe ek dekades gelede die eerste keer ¡°werkwinkel¡± hoor was ek vas oortuig dis ¡¯n spelfout. Nou is daar steeds meer gevalle waar die -s opsioneel of weg is. Maar na my mening spreek mens mos wel die -s uit (veral na -ing- woorde), en dat daar in die geskrewe vorm ¡¯n koppelteken staan het niks met die uitspraak te doen nie.

?

In Alewyn Lee se handleidingkie is daar heelwat gevalle van opsionele -s¡¯e.

?

En die host kan wat my betref ook maar gasheer wees. Al sou iemand hier of daar iets brom van male chauvinist pigs en ¡°gasmens¡± voorstel (that¡¯s a lot of gas/hot air!).

As diere ook gashere/-vroue vir parasiete kan wees, kan ¡¯n boks vol elektronika seker ook daardie naam kry.

?

?

From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Minette Visagie
Sent: Monday, 12 September 2022 12:15
To: [email protected]
Subject: Re: [ZaLang] IT-terme

?

Tony

Aangesien die armbeurs nog omgestuur word, hier is my stuiwertjie:?

?

Die WAV gee die volgende vir reset button:

herstelknoppies?(rekenaar)?Knoppie wat gedruk word om vorige opdragte en veranderinge ongedaan te maak sodat alles weer is soos dit oorspronklik was.

?

Ek stem dus vir herstel wagwoord.

?

Ek sal die verbindings-s in gebruikers-ID gebruik. AWS het verbindings-s opgeneem. Pharos gee slegs die vol vorm gebruikersidentifikasie.?

?

Vir settings lyk my is bloot instellings in orde. Ek sien wel die samestelling internetstellings in die Tweetalige Skoolwoordeboek in Pharos. As stellings nie verwarring met 'statements' kan veroorsaak mie, is dit seker in orde.

?

Host blyk maar gasheer te wees. Ek sien nie iets anders nie.?

?

Groetnis

?

?

On Fri, 09 Sep 2022, 13:10 Tony Moen, <transed@...> wrote:

Kry die volgende in die konteks van ¡¯n mediese studie:

?

Reset Password? - herstel wagwoord? Stel wagwoord terug?

User ID ¨C gebruiker-ID, gebruikers-ID? (ek verkies die koppel-s)

Host: waiting for host to join; the host has ended the meeting ¨C (l¨ºer)bediener? gasheer?

Go to the Settings on your device ¨C gaan na die instellingsveld op u toestel (of net: stellings/instellings?

?

?

Join [email protected] to automatically receive all group messages.