¿ªÔÆÌåÓý

ctrl + shift + ? for shortcuts
© 2025 Groups.io

Re: self-paced


 

Anita, ek het nie die antwoord nie, maar sou 'n mens 'n samestelling met 'n afstandskoppelteken kon oorweeg (eiepas- aanlyn kursus)??
Ek kry een trefslag vir eie-pas kursus met koppelteken, maar dit kan 'n Google-vertaling wees.

Groete
Minette

On Tue, 02 Aug 2022, 09:06 Anita Van Zyl, <anitavz@...> wrote:

Hallo kollegas

Ek wonder of een van julle al ¡°self-paced¡± te?gekom het en dit in Afrikaans moes vertaal. Ek weet mens kan dit na gelang van die konteks omskryf as ¡°om teen jou eie tempo of pas¡± te werk, maar ek kry dit in ¡®n opskrif soos: A self-paced online course, m.a.w. ¡®n kursus waar jy teen jou eie tempo leer/werk, maar wonder net of daar al ¡®n aanvaarde woord is wat ¡®n mens dalk kan gebruik in plaas van ¡®n omskrywing wat kan lomp raak.

?

Groete en dankie by voorbaat

Anita


Virus-free.

Join [email protected] to automatically receive all group messages.